Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 30

•••• Wen NUUS ‘n T20-krieketervaring by Senwes Park E Danie Minnaar en Francois Strydom van Senwes deel in gesprek met Johannes Moller, president van Agri SA. Agri NW Kongres 2017 Senwes was daar “V olhoubaarheid deur eiendomsregseker­ heid en verhoogde produktiwiteit” was Agri Noordwes se kongrestema vir 2017. By die geleentheid het onder andere Johannes Möller, Omri van Zyl en Annelize Crosby van Agri SA, sowel as regter Antonie Gildenhuys die leier pro­ dusente van die Noordwes toegespreek. Annelize het die volgende advies aan lede van Agri NW gegee: • Kies jou organisasie versigtig en gee dit jou volle steun; • Moenie van stryk gebring word deur politiekery, bangmaakpraatjies en halwe waarhede nie; • Wees ingelig; • Wees proaktief; • Bou verhoudings op alle vlakke. Van die kongresbesluite wat geneem is, sluit in: ge­reelde en direkte kommunikasie met lede; beïn­ vloeding van regeringsbeleid om eiendomsregseker­ heid te bevorder; aanmoediging van private besitreg van kommunale grond; ondersteuning van ’n grond­ hervormingsplan wat ’n stabiele en lewensvatbare landbousektor as hoofdoel het. Verdere besluite behels die verbetering van paraat­ heid en veiligheid op plaaswerwe; die ondersoek vir die vestiging van Landboubank en steun vir Agri SA se “slim-ramphulpverleningsplan”. Dit was vir Senwes ’n voorreg om as borg betrok­ ke te wees by dié bedryforganisasie wat sy klante bedien. 28 OKT/NOV 2017 • SENWES Scenario en en vyf addisionele persone van sy keuse kan ’n lekker T20 krieketervaring wen wan­ neer die Proteas op 29 Oktober vir Bangladesh op Senwes Park die stryd aansê. Die prys sluit in ses kaartjies vir die wedstryd op Senwes Park, een aand se verblyf en ontbyt by Elgro Hotel in Potchefstroom en R1 000 se eetbewys by Mike’s Kitchen in Potchefstroom. Al wat jy moet doen om in te skryf is om die sleutelwoorde Senwes Park asook jou e-posadres voor 26 Oktober te sms na 31022. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompetisie­ reëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za. Hope krieketaksie in 2017/2018 by Senwes Park Krieketgeesdriftiges kan uitsien na ’n aksiebelaaide 2017/2018 seisoen by Senwes Park in Potchef­ stroom. Benewens die internasionale wedstryde tussen die Proteas en Bangladesj kan aanhangers kan ook uitsien na die vier-dag Sunfoil wedstryd wat tussen 12 en 15 Oktober tussen die Bizhub Highveld Lions en die VKB Knights plaasvind, met nog driedag en eendag Sunfoil wedstryde van Noordwes wat in November plaasvind. Die Suid-Afrikaanse toer van Engeland en Namibië se onder-19 spanne vind ook in Desember by Senwes Park plaas. Die Momentum Eendagbeker vind aan die einde van Desember en in die Nuwejaar plaas, met die Bizhub Highveld Lions wat in aksie is. Krieket Suid-Afrika se T20 uitdaagreeks sal in Maart 2018 plaasvind, met die Bizhub Highveld Lions. Vir meer inligting kontak Noordwes Krieket by 018 294 6666 of besoek die webtuiste www. nwcricket.co.za.