Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 28

•••• NUUS Willie Weich het eerbewys as Streekverteenwoordiger van die Jaar ontvang. Hier is hy in die middel by Senwesters Corné Kruger (Groep Hoof Finansiële Beampte) en Danie Minnaar (Voorsitter van die Senwes Direksie) met Vrystaat Landbou se Dan Kriek (President) en Henk Vermeulen (Uitvoerende hoof) heel regs. Wenners gekroon by 2017 Vrystaat Landbou Jaarkongres VANJAAR IS DAAR ’N HELE PAAR WENNERS GEKROON BY DIE 2017 VRYSTAAT LANDBOU JAARKONGRES AAND-­ FUNKSIE IN BLOEM­ FONTEIN, WAT VIR DIE SOVEELSTE JAAR DEUR SENWES GEBORG IS. AUBREY KRUGER W illie Weich het die eer­ bewys as Streek­verteen­ woordiger van die Jaar ontvang. Oorkondes is aan Gert Nel en Jack Armour toegeken. Hierdie eerbewyse en oorkondes is as dankbetuiging vir die uitnemende diens wat hulle in hul hoedanig­ heid aan die landbougemeenskap gelewer het. In die Boerevereniging van die Jaar kompetisie was daar ook ’n taai stryd. Hier het Agri Hertzogville uiteindelik met die titel as Boerevereniging van die Jaar weggestap. Marius en Tania Groenewald het die titel namens die boerevereniging in ontvangs geneem. In die tweede plek was Karee Boerevereniging met Miekel van Dyk (Voorsitter), Willie Junior Maas (Ondervoorsitter) en Riana Lourens wat die serti­ fikaat in ontvangs geneem het. Jack Armour (links) en Gert Nel het oorkondes ontvang as dankbetuiging vir hul uitnemende diens. Steynsrus Boerevereniging het die derde plek verower, met Voorsitter Frikkie Richter wat die sertifikaat in ontvangs geneem het. Hierdie boereverenigings het hulle onderskei as pilare van die gemeenskap waarin hulle funk­ sioneer. Hulle het in landbouver­ wante aangeleenthede uitgeblink, asook vir hul samewerking met belanghebbende rolspelers soos die SAPD, munisipaliteite, land­ boubesighede en regeringsdepar­ temente. Hulle is ook betrokke by projekte buite die landbousektor soos skole, bejaardes, welsyn, skoue en by opkomende pro­ dusente. Senwes is trots om vir jare al deel van hierdie Vrystaat Landbou se jaarkongres en Aandfunksie te wees en wens elk van die wenners geluk met die spesiale eerbewyse wat hulle ontvang het. Julle is voorwaar steunpilare in die land­ bousektor! Tania en Marius Groenewald met Agri Hertzogville se toekenning as Boerevereniging van die Jaar. 26 OKT/NOV 2017 • SENWES Scenario