••••
SCHWEIZER-RENEKE: SENWES EQUIPMENT
HA N D E LSN U U S
Jaco Vosloo: agtermekaar
werkende voorman
JACO VOSLOO IS NET DIE REGTE PER-
SOON VIR ALLE SENWES EQUIPMENT
KLANTE EN VOORNEMENDE KLANTE
IN DIE SCHWEIZER-RENEKE-GEBIED.
AUBREY KRUGER
D
U landbouvennoot die
afgelope 20 jaar
Kontak ons gerus vir u brandstofbehoeftes en smeermiddels.
Bertus van Sandwyk 082 906 2309
Smittie Smit 082 783 8470
LK Jonker 082 784 1666
Corne’ van der Walt 082 808 8830
Bothaville l Bultfontein
Koppies l Vredefort l Welkom
ie agtermekaar werkende voorman is daar
op uit om die klandisie te behou en die
weg te baan vir ’n rooskleurige toekoms vir klante
by Senwes Equipment.
Die 35-jarige het ’n span van agt personeel wat
homself, twee ander tegnici, Jaco Holloway en
Gerrit Meyer, insluit asook leerling tegnikus Jaco
Janse van Rensburg. Deel van die span sluit ook
werkkaartklerk Christal de Lange en algemene
werkers William Mogale, Johannes Marumo en
Basie Headman in.
Jaco vertel dat hulle ’n top diens lewer, goed
opgeleide tegnici in diens het, en altyd daar
na strewe om selfs nog beter diens te bied.
Probleemoplossing is die kruks: “As ’n klant ’n
probleem het, los ons dit vir hom op. En dan ska
kel ons die probleem vir die toekoms uit.”
Jaco het ook baie ervaring - hy werk reeds
sedert 2016 as werkende voorman by Senwes
Equipment in Schweizer-Reneke. Daarop het hy
ook amper nog ’n dekade se ondervinding agter sy
naam waar hy by Suidwes werksaam was.
Hoewel hy in Klerksdorp gebore is, is hy in
murg en been deel van die distrik en het self Laer-
en Hoërskool Schweizer-Reneke bygewoon, waar
hy in 1999 gematrikuleer het.
Hy beskryf die produsente in die gebied as
vriendelik, hulpvaardig en absoluut fantastiese
mense. “Soos ’n boeregemeenskap moet wees,” sê
hy passievol.
Jaco is ook deur-en-deur ’n gesinsmens en is al
13 jaar met Louise getroud. Hulle het drie kinders
Jaco (11), Stephanie (10) en Leanie (4).
Oor die toekoms sien Jaco uit na nog vele jare
diens by Senwes Equipment, waar hulle sal aan
hou om uitstekende diens te lewer, en die belofte
om alle struikelblokke uit die weg te ruim, sal
nakom. En wat meer as dit wil ’n klant nou hê!
24
OKT/NOV 2017 • SENWES Scenario