Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 18

••••
HANDELSNUUS

AGRI DRAINAGE : Volledige waterbestuurspesialiste

STEPHAN GELDENHUYS
MEER OOR AGRI DRAINAGE Bevolkingsgroei en die toenemende vraag na vrugbare landbougrond noodsaak produsente om grond ten beste te benut . Klimaats verandering en uiterste weerpatrone moet in ag geneem word in waterbestuur ten einde voedselsekuriteit te verseker .
Produsente moet opbrengste verhoog en risiko ’ s laag hou en daarom is Agri Drainage ’ n vennoot in omvattende waterbestuur . Ons dienste bied ’ n verskeidenheid gespesialiseerde en doelwitgedrewe prosesse ten einde aan die behoeftes van die produsent te voldoen :
� Opmeting ( Aerial Lidar en vierwielopnames ).
� Beplanning en lewensvatbaarheid ( Ons gebruik die nuutste , mees gevorderde sagteware om
’ n effektiewe waterbestuursplan voor te stel ).
� Oppervlaktedreinering ( behels die bestuur van die vloei van water en die rigting daarvan op jou land om verspoeling en droë kolle te verminder ).
� Onder-oppervlakdreinering .
� Voordele van onder-oppervlakdreinering : - Herwin verlore grond - Dieper wortelstelsels , droogteweerstandige oeste - Laer soutinhoud - Hoër oesopbrengste - Tydige landbewerkings
� Bou en herstel van damme .
� Onderhoud van onder-oppervlakdreineringstelsels .
AGRI DRAINAGE EN SENWES Die hoë koste en langtermyn aard van ’ n belegging in waterbestuur ( dreinering ) op jou plaas , kan onnodige druk op jou kontantvloei plaas . Daarom verskaf Senwes nou finansiering aan Agri Drainage en Senwes-produsente ten einde te help om ’ n onder-oppervlakdreineringstelsel te installeer of om grondformasiewerk te onderneem .
WATERTAFELBESTUUR Die afgelope 20 jaar het daar opwindende , nuwe ontwikkelinge in dreineringstelsels in Amerika plaasgevind . Agri Drainage ge bruik nou hierdie toonaangewende tegnologie in Suid-Afrika .
Hierdie stelsel is veral geskik vir watertafelgronde in die Vrystaat en Noordwes .
Die beheerstrukture op die hooflyne van ’ n onder-oppervlakdreineringstelsel , maak dit moontlik om die diepte van die watertafel in die grond te beheer soos benodig ( sien diagram ).
Waar daar ’ n gepaste plek is om
16
OKT / NOV 2017 • SENWES Scenario