Senwes Scenario Oktober / November 2017 | Page 14

•••• KO L LI G Johan van Wyk Almal se Boeta > VERVOLG VAN BLADSY 11 die voorsitter van die Schweizer- Reneke Studiegroep - hulle is ’n lekker groep van 45 lede wat ge­reeld bymekaarkom en aksies reël. BOERDERY Hier by Klipfontein boer hulle met mielies, grondbone, sonne­ blom en sojabone. Normaalweg is ’n derde oorlêlande en die ander twee derdes word opgedeel in die helfte mielies, met die ander derde grondbone, sonneblom en soja­ bone. Wat hy wel in die komende seisoen beplan om te doen is om baie minder mielies te plant, van­ weë die laer pryse. Hulle boer ook met Simbras en Simmentalers. Nog raad wat hy uitdeel is om jou 5% swakste produserende lande uit te sny. So skep jy ekstra weiding vir vee en dit is baie keer daardie lande wat tot oorproduk­ sie lei en die pryse laat daal. KLEIN TREË Johan glo in diversifikasie binne perke. Hy het stadig oor die jare gediversifiseer en het ook wild en pekanneute, in vennootskap met drie ander produsente. Hulle het ook die laaste vier jaar al ’n proef­ plaas van 50 hektaar. Hier is hulle tans in jaar vier van ses jaar en sal in 2019 kyk of hulle geenbewer­ king gaan oorweeg en dan in jaar vyf, die oorlêjaar, sal hulle rip en chemiese regstellings doen. OOR DIE AREA Johan vertel sy plaas het nie net Noordwes in nie, maar ook ’n tikkie van die Vrystaat en Noord- Kaap en selfs Mpumalanga. Boeta beskryf immers sy deel as “waar die Karoo en Kalahari bymekaar kom.” Interessant is dat hul gebied die verste van Randfontein en 12 Met ‘n naam soos Braai sorg die Simmentaler­bul vir nog ‘n bietjie erfenis. Durban is en hy vertel dat indien sy plaas, hektare en insette in ’n omgewing soos Bothaville was, sou hy baie meer geld in sy sak kon steek. Verdere uitdagings is dat hulle onder-gemiddelde reën­ val vir die afgelope 5 jaar gehad het en dus op alle gebiede veg vir goeie pryse en afslag omdat wins­ marges baie klein is. Sy ander raad is dat jy by die basiese moet bly en net moet aan­ hou: “‘n Paar jaar gelede was hier min trekkers en implemente en nou is daar baie en almal maak ’n bestaan.” Hy voel ook ernstig daar­ oor dat ons ons eie bedryf moet stimuleer. Die meel en grond­ boontjiebotter kan teruggeka­ naliseer deur dit aan jou werkers te verskaf. So eet hulle gesonder, kry meer energie en proteïene en terselfdertyd stimuleer jy jou eie bedryf en die vraag styg. Dink net aan die landswye impak. Almal is een groot familie op Klipfontein, wat aansluit by 'n ou gesegde van sy oupa: “Klipfontein is ’n perd wat jou nie gaan ryk maak nie, maar hy gaan jou ook nie afgooi nie.” Boeta se oë is op die groter prentjie gerig en hy sien almal se samewerking as kardinaal. Bou so voort Boeta! Die oue en die nuwer een! Een van die twee 8300 trekkers van 1996 op die plaas met oor die 20 000 ure werk hier saam met die nuwer 8430 model. Die families van Abram Mboyo, George Botshelo, Basta Molefe, Mannetjie Mmosakga, Abraham Dithebe en Abraham Lehihi werk al vir dekades hier op Klipfontein. OKT/NOV 2017 • SENWES Scenario