Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 8

•••• NUUS Afgelewer! Hier is Wessel Visagie (Bemarker by Senwes Equipment), Lourens van der Linde (Mielieprodusent in Wesselsbron sowel as Van der Linde se seuns, Francois en Lourens junior. John Deere 9570RX Die Prins van Trekkers MARLON ABRAHAMS V ir ’n stadsjapie wat sy tweede jaar in die platteland oorleef het, vat dit nogal baie om beïndruk te wees met enige voertuig wat nie verby my jaag op die snelweë van die goudstad nie. Ek moet sê, niks wat ek ooit in Egoli ervaar het, het my voorberei vir die absolute opwin­ding toe ek die John Deere 9570RX trekker vir die eerste keer sien nie. Senwes Equipment Uitvoerende Bestuurder, Ferdie Pieterse, en ek het in Julie Wesselsbron toe gery om die eerste van hierdie trekkers by sy nuwe eienaar, Lourens van der Linde van die plaas Klein Constantia, af te lewer. Volgens die John Deere webtuiste is die 9RX Series trekkers die perfekte kombinasie van krag, prestasie en intelligensie, opgerol in ’n viertrek. Die modelle wissel van 470 tot 620 enjin perdekrag, bewese Final Tier 4 enjins, geïntegreerde tegnologie en verhoogde hidrouliese vloei. Die trekkers is gebou om groot implemente oor ’n wye verskeidenheid kondisies 6 op die lande te sleep, die 9RX dek meer hektare in minder tyd en verbeter dus opbrengspotensiaal en winsgewendheid. Ek vra toe vir oom Lourens of hy darem ’n bietjie emosioneel was toe hy die 9570RX vir die eerste keer gesien het. So prakties soos net ’n boer kan wees, sê hy met ’n laggie: “Ag nie regtig nie. Boerdery gaan ook praktiese aspekte en die 9570RX pas oor ons rye en dit lewer optimale prestasie op die sandgronde in hierdie deel van die wêreld.” “Maar oom, jy moes tog iets gevoel het,” dring ek aan. “Nee, glad nie, boerdery gaan daaroor om prakties te wees en dié trekker pas aan by ons behoeftes. En natuurlik is die enjin voor, wat beteken dat die voorkant swaar is en die implement wat agteraan haak beteken dat die gewigsverspreiding baie goed is.” Niks? Nie eens ’n flentertjie emosie nie? "Ja wel, dalk ’n bietjie emosie,” gee hy met ’n skaam glimlag toe. Die belangrikste kenmerke van die 9570 RX sluit in JDLink™- OKT/NOV 2016 • SENWES Scenario Oppad! Die John Deere 9570RX trekker is gereed vir aflewering met Ferdie Pieterse (Bestuurder Senwes Equipment), Wessel Visagie (Bemarker by Senwes Equipment) en Johnny Bezuidenhout (Takbestuurder by Wesselsbron). dienste en Service ADVISOR™ diagnostiese stelsels; e18™ PowerShift™ transmissie (PST) met Efficiency Manager™kenmerke; 3-punt Hitch en CommandCenter™ controls boost productivity; ® QSX15 (15-L [912 cu in] displacement)-enjin; Power take-off (PTO), 1-3/4 1000 rpm; Standard CommandView™ III kajuit bied onoortreflike geriewe; 435 L/min (115 gpm)-stelsel; Algemene onderhoud; JDLink™ dienste en Service ADVISOR™ diagnostiese stelsels; JDLink, Service ADVISOR, en Service ADVISOR afstandsbeheer. Vir die volledige ongelooflike spesifikasies van hierdie indrukwekkende trekker, besoek www. john.deere.co.za of skakel Ferdie en sy span by Senwes Equipment nou!