•••• RUBR I E K
FOTO: LEEF
Om moed te hê
MILANIE VOSLOO
OM MOED AAN DIE DAG TE LÊ, VERG
DAPPERHEID. OM DAG NA DAG MOED
TE HÓÚ, VRA IETS VEEL MEER... EN
MINDER...
B
oere en hul gesinne het nogal met tye baie
moed nodig. Hulle moet immers met elke
seisoen waag, is aan die natuur uitgelewer en dan
word die uitdagings in ons land ook nie minder nie.
Moed-hê is een ding. Om moed te hóú is egter iets
heeltemal anders: Dis om áán te hou om die moei
like, maar regte dinge te doen, ten spyte van groot
teenstand. Dis om dag na dag toegewyd jou dagtaak
te doen, al is jy gedaan en glad nie lus daarvoor nie.
Dis om goedheid en liefde te blý gee – al vergeet ander hul dankies. Moed-hóú vra om onverpoos oor ‘n
eindelose aantal balke te blý klouter. Daarom vra dit
’n ander stuk sterkte... of dalk juis die erkentenis dat
jy te swak is om dit self te doen. Dalk juis ’n groter
afhanklikheid en ’n stywer-vashou aan die Man van
Moed. ’n Dieper wete dat Hy by uitstek ’n Vader vir
vraende vasbyt-mense is.
Jy hoef nie alleen moed te hou nie. Jy hoef maar net
op jou knieë te bly. Dis daar, in jou Getsémané, waar
Hy langs jou kom kniel en jou beker saam met jou
drink. Dis op jou Via Dolorosa wat Hy jou kruis vír
jou dra.
Moed-hóú verg iets meer. Dit vra dat jy minder
word... sodat Hy meer Hý kan wees. Jy deur Hom
die lig kan sien. En kan wees.
Hou in jou laagvoelty