Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 61

••• •• K O MPE T ISIE S •• Lente IS HIER! INTENSE HYDRATING MOISTURISER EN REHYDRATING MOISTURE MASK CARL KIRSTEIN V oorbereiding van grond en bemesting (onthou gaan groen en gebruik organies) moet nou voltooi of gedoen word. Alle snoeiwerk is nou gedoen en ons konsentreer op die verplant en opbreek van plante. Alle siergrasse kan nou opgebreek word en in massas geplant word. Dit gee jou tuin ’n park-effek as plante in massas geplant word. Onthou asseblief dat ons waterprobleem nie gaan verbeter nie, so groepeer watervriendelike plante asook dorstige plante saam om te bespaar. Ek grawe vir ’n dorstige bedding die area uit tot omtrent 30 cm en voer dit dan uit met industriële swart plastiek. Druk dan ’n paar gate in en sit die grond terug en beplant. U sal sien dat die bedding minder besproei moet word en u sal ’n tropiese fokuspunt kan hê. Indien moontlik google Bromedias, wat goeie fokusplante is en min versorging vereis. Hulle kom in ’n groot verskeiden­heid voor, van vol son tot skaduwee, epifilies en grondplante. ’n Grasperk kan jou tuin maak of breek. Dit is belangrik om jou grasperk nou baie kort te sny. Dit moet ook belug word en bemesting kry. Grasperke wat baie ongelyk is moet opgevul word met riviersand. Dit is dan voordelig om ’n dun lagie erdwurmkompos oor jou grasperk te strooi. Ge­ bruik GO GREEN van PROTEC te vir bemesting. Hou u grasperk so kort as moontlik om te verhoed dat dit ’n vrot lagie tussen die wortels en die blare kry. Die mees effektiewe aanwending van water is vroeg in die oggend om verdamping te beperk. As u Clivias wil aanskaf, is dit nou ’n goeie tyd aangesien hulle nou blom en jy die kleure kan sien. Onthou, dit is ’n boslelie en dit hou dus van skaduwee en koel voete. Sit dus ’n lagie bas of kompos om hulle. Ter afsluiting: Lente is hier, so die geluk is dat die geld wat ons spaar op diëte vir ’n somerlyfie, nou gebruik kan word vir plante. VERDANT KWEKERY: 018 468 2437 LANDSCAPING: CARL KIRSTEIN: 071 285 1523 HANNON se Intense Hydrating Moisturiser tesame met die Rehydrating Moisture Mask is ’n vog- en energieopwekker ideaal vir droë, gedehidreerde, skilferagtige velle of enigiemand wat sukkel met ’n dowwe gelaat. Gebruik die Hydrating Moisture Mask tot twee keer ’n week, wat die vel opmerklik meer uitgeplomp en met ’n pragtige glans laat. Die Intense Hydrating Moisturiser is ’n baie ryk vogroom vir uiters droë en gede­hi­dreerde veltipes, veral as jy in ’n baie droë klimaatstreek bly. Gebruik die Intense Hydrating Moisturiser soggens en saans. Jou vel behou ’n langdurige glans en voel soepel en bevogtig. SMS Senwes, Hannon en jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31 022 voor 30 November 2016 om ’n kans te staan om een van twee geskenkpakke van Intense Hydrating Moisturiser en Rehydrating Moisture Mask ter waarde van R1 310 elk. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompetisiereëls besoek die webtuiste www.senwes.co.za. Die wenners van die vorige uitgawe (Junie/ Julie 2016) is as volg: CUM: Serge Stahl. Hannon: Hannetjie Blignaut van Vereeniging, Johan Uys van Strand. SENWES Scenario • OKT/NOV 2016 59