Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 55

' N BOER MAAK ' N PLAN •••
•••••••

Stres vat aan my hart

LEES : Job 3:1 tot 26
DS . CAREL BOTMA
KAN ‘ N MENS WERKLIK DIE PUNT BEREIK WAAR JY JOU GEBOORTEDAG VERVLOEK OMDAT JOU HELE LEWE VIR JOU WALGLIK IS ?

Kom ek begin deur te sê dat dit wel al gebeur het - in die lewe van Job : “ My hele lewe walg my ... Ek het so ’ n hewige afkeer in my lewe , dat ek daarvan wil braak .” Dit is die strekking van Job se woorde wanneer dit direk uit Hebreeus vertaal word .

Die rede hiervoor is die geweldige swaar verliese wat Job gely het . As jou plaaslike koerant hieroor sou skryf , sou die koerantopskrif heel waarskynlik as volg gelyk het : “ Gesiene boer verloor alles ”, of “ Sakereus stort in duie ”. Die inhoud van die berig sou uitgebrei het op die rooftogte waaronder die plaas deurgeloop het , op die weerlig wat die kleinvee en die wagters doodgeslaan het en sy gesin wat tragies saam in een huis gesterf het . Jou hele omgewing sou deur hierdie berig getref wees en almal sou vir weke daaroor praat . En asof dit nie genoeg was nie , plaas die koerant ’ n rukkie later weer ‘ n berig - oor dieselfde man . Hierdie keer het hy sy gesondheid verloor . Hy het nie net alles verloor wat hy besit het nie , maar selfs sy liggaam was nou oortrek met pynlike sere . Hy het nou op die ashoop gesit en sy sere met potskerwe gekrap . “ Waarom moes God dan die lewenslig gee aan ’ n man wat net swaarkry , waarom moes Hy lewe gee aan ’ n man wat so bitterlik ly ?” ( Job 3:20 ). So swaarkry dat hy sy eie geboortedag vervloek ?
Ek is oortuig dat baie van ons sterk aanklank sal vind by dit wat Job probeer sê , ons wat iewers in ’ n beroep staan van watter aard ook al , ons wat voortdurend blootgestel is aan ’ n nimmereindigende reeks potensiële verliese van ons bronne . Trouens , niemand kan vandag staatmaak op stabiliteit nie en daarom is elkeen , ongeag sy beroep , baie kwesbaar . Enige iets kan enige oomblik met jou bronne gebeur . Daar hang ’ n voortdurende swaard oor jou kop , ’ n swaard wat jou lewe binne ‘ n oomblik onherroeplik kan verander . En ek sou verstaan as jy ook sou wonder waarom God jou dan in jou beroep , jou werkkring of jou eiesoortige lewensituasie geplaas het as jou hele lewe dan net moeite , verdriet , onsekerheid en vrees is - soveel so dat jou lewe vir jou walglik is !
Die vraag is nou net : Hoe ge beur dit dat ‘ n mens , afgesien van traumatiese verliese , saam met Job op die emosionele ashoop beland ? Of ’ n mens dit ook op Job se geval van toepassing kan maak , sou ’ n mens nie kon sê nie , maar vanuit die sielkunde kan ’ n mens wel dit verklaar .
Hou die volgende uitgawe dop hiervoor .
SENWES Scenario • OKT / NOV 2016 53