Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 49

Wat gaan die uitkoms van die nuwe seisoen wees ?

DRUPPELS OP DIE DAK •••
•••••••
THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS , SENWES GRAINLINK
Die totale reënval vir Augustus 2016 vir die tradisionele Senwes-gebied .
REËNVAL HIERDIE SEISOEN Die somerseisoen reënval word vanaf 1 Julie jaarliks geneem . Julie het gemiddeld die laagste reënval van al die maande in die Senwesgebied , met ’ n gemiddeld van 2.5 mm . Dit het gemiddeld 46 mm gedurende Julie vanjaar oor die gebied gereën . Daar word soms beweer dat goeie reën gedurende die winter tot swakker reën in midsomer aanleiding gee . Sedert 1904 was daar net 4 seisoe ne waar meer as 35 millimeter gedurende Julie oor die Hoëveld gereën het . Dit was die 1918 / 19 , 1939 / 40 , 1943 / 44 en 1957 / 58 seisoene . Al vier seisoene het bogemiddelde reënval gerealiseer . Die 1943 / 44 seisoen was die natste seisoen oor die Hoëveld sedert begin is om reën te meet .
Dit het glad nie oor die grootste gedeelte van die Senwes gebied gedurende Augustus gereën nie . Sien meegaande kaart .
Vir die eerste twee maande die seisoen is bogemiddeld reënval oor die tradisionele Senwes gebied ontvang . Daar is distrikte in die Senekal omgewing wat die hoogste reënval vir Julie gemeet het in die geskiedenis .
Die meegaande kaart dui die gebiede aan met goeie reën die afgelope twee maande . Die reën het ’ n baie goeie bydrae gelewer tot die oorgedraagde grondvog oor ’ n redelike groot gedeelte van die tradisionele Senwes gebied , wat bydra tot die optimisme dat ons ’ n beter seisoen tegemoet gaan .
Die kumulatiewe reënval vir die periode 1 Julie 2016 tot 31 Augustus 2016 in die Senwes-gebied .
VOORUITSIGTE VIR DIE 2016 / 2017 SEISOEN : Daar was redelike negatiewe beriggewing oor klimaatsvooruitsigte vir die komende seisoen die afgelope tyd . Nie alle weervooruitskattingsdienste stem daarmee saam nie . Kom ons kyk na die stand van die belangrikste klimaatsindikatore .
Daar is ’ n hele paar indikatore waarna weerkundiges kyk om die komende seisoen se verloop te voorspel . Die Suidelike Ossilasie Indeks is een van die belangrike indikatore en dui op die windrigting waarin winde in die sentrale gedeelte van die Stille Oseaan waai . Indien die indeks negatief is , beteken dit dat winde in die Sentrale Stille Oseaan hoofsaaklik vanaf Australië na Suid-Amerika waai . Dit gee aanleiding tot warm-
> VERVOLG OP BLADSY 48
SENWES Scenario • OKT / NOV 2016 47