Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 48

•••• G RAA N M AR K VO O R U I T S I GT E September 2016 > VERVOLG VAN BLADSY 45 mielieprys was op 4 September 2009 op ’n vlak van $3.0 per skepel. Die CBOT geelmielieprys het egter met $1.42 per skepel gestyg tot 10 Januarie 2010. Dit het gebeur, nieteenstaande die feit dat die dollar op dieselfde vlak gebly het, die ruolieprys stabiel was en die opbrengs opwaarts aangepas is. Ons moet onthou dat die Amerikaanse mie­lieprys onder die Amerikaanse produksiekoste is en die mark weet dit. Dit gee gewoonlik daartoe aanleiding dat die prys onder­steun word. Dit sal nie snaaks wees indien dit vanjaar weer ge­beur nie. Die prys het die afgelope week ook begin herstel. PLAASLIK Wisselkoersbeweging Die R/$-wisselkoers en die bereken­de oordragvoorraad het die grootste effek op die prysvormings­proses op die termyn­mark. Indien grafiek 3 met die verloop van die wit- en geelmieliepryse vergelyk word, kan daar ’n ooglopende verband waargeneem word. Die rand het sedert Januarie 2016 tot en met Augustus 2016 versterk, daarna het dit weer verswak en die afgelope paar dae het dit weer versterk. Die R/$-wisselkoers is die moeilikste veranderlike om te voorspel en dit het seker die grootste impak op die prysvormingsproses. Wit- en geelmielies Gedurende Januarie 2016 het dit bekend geword dat Suid-Afrika midde-in ’n ernstige droogte verkeer. Witmielies het by R5 300 per ton gedraai en geelmielies by R4 100 per ton. Dit is bekend dat dit baie duurder is om wit- 46 Grafiek 6. Die sonneblom/sojaboon kontant prysverloop op Safex. mielies in te voer en dit is die rede hoekom die witmielieprys soveel hoër as die geelmielieprys is. Die prys van albei kommoditeite het sedertdien redelik afwaarts beweeg as gevolg van die versterkende rand. Die wit- en geelmielieprys was op ’n stadium R1 640 per ton uitmekaar. Die verskil is besig om te verklein omdat die mark verwag dat heelwat meer witmielies as geelmielies die komende seisoen aangeplant gaan word en witmielies nie meer so skaars gaan wees nie. Grafiek 4 dui die historiese berekende in- en uitvoerparitei­te asook die Safex pryse wat vir wit­ mielies gerealiseer het aan. Dit is duidelik dat die witmielieprys binne drie maande van uitvoer­ pariteit tot invoerpariteit kan beweeg. Die mark verdiskonteer tans ’n baie groot oes vir die komende seisoen en dit is die rede waarom die Mei en Julie 2017 kontrakte soveel laer as die pryse van naby-maande is. Klimaat Die voorspelde klimaat vir die komende seisoen het ook ’n deurslaggewende effek op die verwagte mielieprys vir die komende seisoen. Produsente moet dit baie noukeurig dophou. OKT/NOV 2016 • SENWES Scenario OLIESADEKOMPLEKS Sonneblom en sojabone Ons weet dat ons sojabone en sonneblom hierdie bemarkingsjaar moet invoer en daarom vorm die prys naby die afgeleide invoer­ pariteitsvlak. Die groot verskil tussen die sojaboon- en sonne­ blomprys is besig om te verklein. Die verwagting is dat ons die volgende seisoen weer sojabone en waarskyn­lik sonneblom sal moet invoer en die twee kommoditeite kry dus redelike prysondersteuning. OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING Hoë kommoditeitspryse was vir die grootste deel van hierdie somerseisoen aan die orde van die dag. Dit was as gevolg van die droogte en die swak rand. Die beweging van die rand is absoluut onvoorspelbaar en dit het ’n wesenlike effek op die kommoditeitspryse. Produsente sal dit baie goed moet dophou. Alle oë is op die klimaat vir die nuwe seisoen. Sou ’n goeie seisoen volg met ’n groot oes, kan die witen geelmieliepryse wesenlik verlaag. Vastepryskontrakte moet egter nie vir ’n te groot deel van die verwagte oes aangegaan word nie. Sou dinge anders uitdraai as verwag, is dit baie moeilik om uit so ’n posisie te kom. Praat met jou graanverkryger.