Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 46

•••• G RAA N M AR K VO O R U I T S I GT E September 2016 Markverwikkelinge THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS, SENWES GRAINLINK DIE DOEL VAN DIE ARTIKEL IS OM NET ’N BREË MARK­ OORSIG TE GEE AANGESIEN DAAR ’N REDELIKE TYDSVERLOOP TUSSEN DIE SKRYF VAN DIE ARTIKEL EN DIE PUBLIKASIE DAARVAN IS. INTERNASIONALE FUNDAMENTELE FAKTORE Internasionale ekonomiese situasie Die internasionale ekonomiese situasie het sedert die skryf van die vorige artikel nie veel verander nie. Die wêreld­groeikoers is onder druk en die wêreld se tweede grootste eko­nomie, China, verander van ’n verwagte hoofsaaklike produksie-ekonomie na ’n hoofsaaklike verbruikersekonomie. Dit laat die vraag na verskeie kommoditeite daal, wat op sy beurt die internasionale prys daarvan onder druk plaas. Dollar/euro wisselkoersbeweging Die meeste Internasionale uitvoerkwo­ tasies van grane en oliesade word in $/ton gekwoteer. ’n Sterk dollar maak grane dus relatief duur, wat die vraag laat daal en die prys verder onder druk plaas. Die dollar het sedert die begin van 2016 met sowat 7% verswak teen­ oor van die belangrikste geldeenhede soos die euro. Dit ondersteun van die belangrikste sagtekommoditeite tot ’n mate. Energiepryse Die Amerikaners gebruik sowat 34% van hulle mielieoes vir die vervaardi­ 44 Grafiek 1. VSA opbrengste in skepels per akker. Grafiek 2. Die Amerikaanse geelmielieprys op CBOT (c/skepel). Grafiek 3. R/$-wisselkoers beweging. OKT/NOV 2016 • SENWES Scenario