Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 43

RUBRIEK •••
•••••••
SAFEX SCENARIO ’ S MET SUSARI > VERVOLG VAN BLADSY 39
e ) Stars i . Shooting Star Die Shooting Star is soortgelyk aan die Inverted Hammer , met die verskil dat die kandelaarformasie aan die einde van ’ n opwaartse tendens vorm . Die formasie vorm indien die mark redelik hoog verhandel gedurende die verhandelingsessie , maar na aan die laagtepunt vir die dag sluit . Die Shooting Star word grafies voorgestel in Tabel1 . ix .
ii . Morning Star Beskou as een van die beduidendste kandelaarformasies , vorm die Morning Star deur ’ n kombinasie van drie kandelaargrafieke aan die einde van ’ n afwaartse tendens ( soos grafies voorgestel in Tabel 1 . x .). Die eerste kandelaar is ’ n negatiewe kandelaar , waarna ’ n Doji vorm , met ’ n positiewe kandelaar wat die formasie voltooi . Hierdie dui op die magsbalans wat verskuif van die kopers na die verkopers en dus ' n moontlike tendensverandering .
iii . Evening Star Die Evening Star is die teenoorgestelde van die Morning Star formasie en word dus ook as een van die belangrikste kandelaarformasies geag . Soos die Morning Star word die Evening Star gevorm deur drie kandelare , naamlik ’ n positiewe kandelaar , Doji en laastens ’ n negatiewe kandelaar . Die formasie dui op ’ n tendensommekeer indien gevorm word aan die einde van ’ n opwaartse tendens . Die Evening Star formasie word grafies geïllustreer in Tabel1 . xi .
f ) Dark Cloud Cover Die Dark Cloud Cover kandelaarformasie vorm in ’ n opwaartse tendens met ’ n negatiewe kandelaar
wat die vorige verhandelingsessie se positiewe kandelaar oorskadu , soos grafies voorgestel in Tabel 1 . xii . In dié geval dui die formasie op ’ n sterk tendensommekeer .
g ) Piercing Pattern Die teenoorgestelde van die Dark Cloud Cover is die Piercing Pattern , met die verskil dat ’ n positiewe kandelaar die vorige verhandelingsessie se negatiewe kandelaar oorskadu . Die kandelaarformasie vorm in ’ n afwaartse mark wat dan ook ’ n moontlike sterk tendensverandering aandui . Die Piercing Pattern word grafies voorgestel deur Tabel1 . xiii .
h ) Inside Candle Die Inside Candle formasie vorm deur die vorige verhandelingsessie se kandelaar wat die huidige sessie se kandelaar oorskry ( die hoogteen laagtepunte van die eerste verhandelingsessie oorskry die tweede verhandelingsessie se hoogte- en laagtepunte ). Die formasie dui ’ n besluiteloosheid tussen kopers en verkopers aan . Die formasie kan beide positiewe en negatiewe formasies wees , afhangend van die rigting van die heersende tendens . ’ n Moontlik tendensommekeer word dan aangedui aan die einde van ’ n sterk tendens . Tabel 1 . xiv . is ’ n grafiese illustrasie van die Inside Candle formasie .
SLOT Deur slegs ’ n redelike begrip te hê van die bostaande inligting , is u reeds ’ n stappie voor die res . Dit is wel uiters voordelig om tegniese analise met fundamentele analise te kombineer om sodoende die beste moontlike besluit te kan maak , aangesien ’ n breek deur ’ n langer termyn ondersteuningslyn gewoonlik gekoppel kan word aan fundamentele vraag- en aanbodfaktore wat verander .
Tegniese prysgrafieke bied analiste die geleentheid om die verhouding tussen vraag en aanbod visueel voor te stel en kan moontlike veranderings in die verhouding deur verskeie prysformasies aangedui word . Die komende artikel sal verder fokus op die identifisering en ontleding van verskillende prysformasies .
Vir meer inligting of om kompeterende opsiepryse op ’ n groot verskeidenheid kommoditeite te bekom , skakel gerus vir Susari Geldenhuys by 018 464 7430 of 072 116 9999 of e-pos haar by Susari . Geldenhuys @ senwes . co . za .
SENWES Scenario • OKT / NOV 2016 41