•••
••
R UB R IE K ••
Tabel 1: Kandelaarformasies
BRON: SAAMGESTEL DEUR OUTEUR.
’n Doji word gevorm wanneer die
openingsprys en die sluitingsprys
binne ’n verhandelingsessie feitlik
dieselfde is, wat dus ’n gevoel van
besluiteloosheid tussen kopers en
verkopers aandui. Deur die Doji
te analiseer saam met ander kandelaarformasies, kan ’n moontlike
ommekeer van die huidige tendens aangedui word. Tabel1.iii. is
’n grafiese voorstelling van ’n Doji.
Bullish Engulfing kandelaarformasie gevorm deur ’n negatiewe
kandelaar wat gevolg word deur ’n
positiewe kandelaar aan die einde
van ’n afwaartse tendens, wat dan
ook op ’n moontlike tendensommekeer dui. Beide die Bullish en
Bearish Engulfing kandelaarformasies word grafies voorgestel
in Tabel1.iv. en Tabel1.v. onderskeidelik.
b) Bullish / Bearish Engulfing
Die Engulfing-formasie word
gevorm wanneer die tweede
kandelaar in die formasie se
hoogtepunt en laagtepunt die
vorige kandelaar se hoogtepunt
en laagtepunt oorskry. Indien
’n positiewe kandelaar gevolg
word deur ’n negatiewe kandelaar
aan die einde van ’n opwaartse
tendens, kan ’n moontlike tendensommekeer verwag word. Die
formasie word dan na verwys as
’n Bearish Engulfing kandelaarformasie. Daarteenoor word ’n
c) Hammer / Inverted Hammer
Die Hammer kandelaarformasie
is sekerlik een van die bekendste
formasies in die finansiële markte.
Die formasie word gekenmerk
deur pryse wat redelik laag verhandel gedurende die verhande
lingsessie, maar die prys sluit naby
aan die hoogtepunt. Indien die
Hammer formasies vorm aan die
einde van ’n afwaartse tendens, dui
dit ’n moontlike tendensommekeer aan.
Die Inverted Hammer vorm ook
aan die einde van ’n afwaartse
tendens, met die verskil dat pryse
redelik hoog verhandel, maar
naby aan die laagtepunt vir die
verhandelingsessie sluit. Die formasie dui ook ’n moontlike tendensverandering aan. Let wel dat
beide die Hammer en Inverted
Hammer formasies ’n sterker
tendensommekeer aandui indien
die formasie ’n prysgaping1 maak.
Beide die Hammer en Inverted
Hammer word grafies geïllustreer
in Tabel1.vi. en Tabel1.vii. onderskeidelik.
d) Hanging Man
Die Hanging Man formasie is
soortgelyk aan die Hammer
formasie, met die verskil dat
die Hanging Man ’n moontlike
tendensommekeer aandui in ’n
opwaartse tendens. Die formasie
vorm deur pryse wat aansienlik
laer beweeg vanaf die openings
prys, maar sluit na aan die
hoogtepunt vir die dag. Daar
word wel gewoonlik bevestiging
verwag in die volgende verhandelingsessie met ’n negatiewe
kandelaar wat volg. Die Hanging
Man formasie word grafies
voorgestel in Tabel1.viii.
> VERVOLG OP BLADSY 41
‘n Prysgaping kom voor waanneer die
openingsprys wesenlik verskil van die vorige
dag se sluitingsprys, en dus ‘n gaping tussen
die twee verhandelingsessies vorm.
1
SENWES Scenario • OKT/NOV 2016
39