Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 4

••••
Redakteursbrief

Aan die hart hoofredakteur Marlon Abrahams Tel : 018 464 7349 marlon . abrahams @ senwes . co . za

MET DIE FOKUS OP BLOEMFONTEIN AS STAD , PRODUSENT CHARL YSSEL EN SENWES SE BETROK- KENHEID DAAR , HET DIE TERM AAN DIE HART VERSKEIE KERE NA VORE GETREE .

Baie idiome verwys na die hart soos at the heart , learn by heart , ens . Maar anders as wat dalk gedink kan word is dié herkoms van terme met hart as basis eintlik as gevolg van ’ n klein foutjie . As iets aan die hart is , is dit aan die kern van jou gedagtes , en in engels as jy iets ‘ by heart ’ leer , dan memoriseer jy dit . Dit alles verwys egter na die brein en nie na die hart nie .

Die rede hoekom dit aan die hart gekoppel word , is dat die antieke Grieke ’ n foutiewe analise van ons liggaamsfunksies gemaak het . Hierdie Grieke het geglo dat die hart die mees belangrikste orgaan was en dat intelligensie , geheue en emosie in dié orgaan gesetel is . Die siening is deur die eeue oorgedra en het die basis van al hierdie uitdrukkings gevorm .
Deesdae verwys dit meer na die kern van iets . In die geval van Bloemfontein is die stad geografies aan die hart van Suid-Afrika . Die term is ook baie relevant in terme van landbou . Die landbousektor speel die belangrike rol in die voeding van die nasie , soos die
landboufakulteit by die Universiteit van die Vrystaat se leuse tereg aandui “’ n Volk wat vir sy landbou sorg , sorg vir sy toekoms .”
Ons berig ook oor die Senwes AgriRewards uitgestelde bonus skema wat juis op die been gebring is om na sy produsente , wat aan die middelpunt staan , om te sien . Ons maak in die uitgawe ook ’ n draai by John Deere en Senwes Equipment , wat ’ n integrale deel van die maatskappy vorm , met die eerste nuwe John Deere 9570RX trekker wat by die Van der Lindes afgelewer is . Dan is kongresse ook die jaarlikse bymekaarkomplek vir almal in die bedryf en berig ons oor die Vrystaat Landbou en Noordwes kongresse wat die afgelope tyd plaasgevind het .
Ons vul die uitgawe ook aan met Jan Serfontein se eerste jagrubriek wat hy vir Senwes Scenario skryf en dit sal ’ n gereelde insetsel van Senwes Scenario uitmaak . Tegniese artikels soos Safex Scenario ’ s met Susari , Druppels op die Dak en Graanmarkvooruitsigte , sowel as Gerrit Oosthuizen wat vir ons riglyne gee rakende oordeelkundige beplanning vir die toekoms .
Ons geloof kan verseker ook nie uitgelaat word nie en is beslis die hartklop of middelpunt van ons bestaan met ons geestelike rubrieke van Jenny Mathews , Milanie Vosloo , Willie Botha en Carel Botma . Produsente , julle bly die hartklop en aan die hart van Suid-Afrika !
Aubrey Kruger
REDAKTEUR redakteur Aubrey Kruger Tel : 018 464 7449 aubrey . kruger @ senwes . co . za
advertensies Mariëtte Hugo Tel : 018 464 7505 mariette . hugo @ senwes . co . za
ontwerp en uitleg Mercia Venter mercia . venter @ senwes . co . za
medewerkers Dr Erik Adriaanse , Wèan Benadie , Ds Carel Botma , Ds Willie Botha , Carl Fourie , Japie Fransman , Thys Grobbelaar , Jenny Matthews , Johan Norval , Susari Geldenhuys , Gerrit Oosthuizen , Jan Serfontein en Milanie Vosloo .
subskripsie Marie Erasmus Tel : 018 464 7568 Faks : 018 464 7772 marie . erasmus @ senwes . co . za
eienaar Senwes , Posbus 31 , Klerksdorp , 2570 Tel : 018 464 7800
drukwerk Colorpress Tel : 011 493 8622
• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 ( 7 ) van die Wet op Outeursreg .
• Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies , promosie-artikels of deur medewerkers nie .
2
OKT / NOV 2016 • SENWES Scenario