Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 39

N UUS ••• •• •• Senwes Grainlink verwelkom direkteur met besoek aan silo Senwes se nuwe onafhanklike nie-uit­ voe­rende direkteur, Simon Mohapi, heel bo op Senwes Grainlink Viljoenskroon Silo. SENWES GRAINLINK HET DIE NUWE SENWES DIREKTEUR, SIMON MOHAPI, HARTLIK BY DIE MAATSKAPPY VERWELKOM MET ‘N BESOEK AAN DIE SENWES GRAINLINK VILJOENSKROON SILO. AUBREY KRUGER O perasionele Bestuurder by Senwes Grainlink, Graham Lottering, het Mohapi tydens die besoek op Dinsdag, 13 September vergesel, wat deel van Mohapi se oriënteringsproses uitgemaak het. Dit was nadat Mohapi op Vrydag, 26 Augustus 2016 as die nuwe onafhanklike nie-uitvoerende direkteur bekragtig is tydens Senwes se Algemene Jaarvergadering waar James Botha, Nico Liebenberg en Thabo van Zyl as direkteure van die maat­ Operasionele Bestuurder by Senwes Grainlink, Graham Lottering, wys Simon Mohapi (Senwes se nuwe onafhanklike nie-uitvoerende direkteur) die silobedryf tydens die besoek aan Senwes Grainlink Viljoenskroon Silo op Dinsdag, 13 September. skappy herverkies is. Tydens die besoek het Silobestuurder, Nico Janse van Rensburg, Mohapi die verskillende graanvloeiprosesse verduidelik, die hele silobeheer, graanmonsters wat met aankoms geneem word, asook die droging en deurligting van graan. Mohapi vertel dat hy regtig verras was met sy heel eerste besoek aan ’n silo ooit. Hy was ook geweldig beïndruk: “Dit was briljant, informatief en ’n algehele goeie ondervinding vir my.” Hy het bygevoeg dat dit sy oë oopgemaak het dat die silobedryf ’n besigheidseenheid op sy eie is. Mohapi is op 7 Julie 1956 in Sophiatown gebore het in Soweto grootgeword waar hy ’n private Katolieke laerskool, St Martin, bygewoon het waarna hy in 1975 by Morris Isaacson Hoërskool gematrikuleer het. Die 60-jarige Simon is ’n familiemens en is al 34 jaar met Anna getroud en is geseën met drie kinders Neo, Keletso en Tshepang. Mohapi is ’n veteraan in die finansiële dienste sektor met meer as 30 jaar se ondervinding en was onder meer betrokke by die NWU in Potchefstroom as ’n lid van die direksiekomitee. Hy het ’n diploma in Beleg­ gings­bestuur by UJ verwerf. Hy is ook ’n gekwalifiseerde en gemagtigde diensteverskaffer, het ’n diploma in Besigheidsrigting (NQF 7) en is ’n Finansiële Beplanner van die FPI en het al verskeie bestuurskursusse bygewoon. Hy is ook onder meer ’n gekwalifiseerde fasili­teerder en assessor. Vir die afgelope 18 jaar, vanaf 1998, het hy sy eie besigheid en is een van die stigterslede van die Mohapi Group, FSP722, ’n kategorie II lisensiehouer by die FSB (Finansiële Diensteraad) as Finansiële Diensteverskaffer en Beleggingsbestuurder. Bykomend verskaf hy markinligting en beleggingsnuus aan SABC televisie en radiostasies. Vir Mohapi is sy lewensmotto “om nooit as te nimmer op te gee en altyd enduit deur te druk.” Bykomend moet jy ook “altyd deeg­like beplanning doen en onthou om jou droom uit te leef.” Hy sien regtig uit na sy rol by Senwes waar hy sal kyk na korpo­ ratiewe bestuur, sowel as om ’n oorsigtelike rol te vervul. Simon is aangestel in die plek van Zarina Bassa, wat na ’n 5-jaar termyn uitgetree het. Ons wens Mohapi ’n rooskleurige toekoms by Senwes toe. SENWES Scenario • OKT/NOV 2016 37