Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 38

•••• N UUS Ken jou Certisure personeel MARELIZE VAN NIEKERK AUBREY KRUGER Wat is jou posisie by Certisure? Verteenwoordiger: Mediese Skemas. Watter dienste verskaf jy by Certisure? Ek help personeel, pensionarisse, boere en die pu­bliek wat tans op ’n mediese fonds is met al hulle navrae, rekeninge, probleme of magtigings, of voorsien kwotasies vir kliënte wat sou belangstel in ’n mediese skema. Wat is die belangrikste rakende kliëntediens? Die kliënt kom eerste en moet tevrede wees. Vinnige diens! Hoe lyk die toekoms van die industrie vir jou? Medies raak baie duur oor die algemeen, maar die meeste mense besef die erns daarvan om ’n mediese fonds te hê sodat hulle gedek kan wees as hul dit sou benodig. Ek dink ons sal vorentoe baie veranderinge sien plaasvind in die industrie, waar wetgewing ‘n groot rol sal speel. Hoe lank werk jy al vir Certisure? Ek is vir die afgelope 8 maande by Certisure. Waar is jy gebore en waar het jy grootgeword? Gebore in Pretoria en grootgeword in Rustenburg. Familie? Is jy getroud, kinders en hul name en ouderdomme? Ja, ek is getroud met Philip en ons het vier kinders, Nethan (13), Amore (12), Lucian (3) en Lucelle (11 maande). Ek is mal oor my kinders en hulle is my lewe!!! Stokperdjies? Ek het geen tyd vir stokperdjies, my kinders hou my op my tone! 36 OKT/NOV 2016 • SENWES Scenario