Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 35

Slange in en om die plaashuis

RUBRIEK •••
•••••••
DIT IS WEER DIE TYD VAN DIE JAAR WANNEER AL HOE MEER INSIDENTE MET SLANGE VOORKOM EN SELFS IN DIE MEDIA DAAROOR BERIG WORD . SENWES SCENARIO HET BY DIE PERMITBEAMPTE VAN DIE HERPETOLOGIESE VERENIGING IN KLERKS- DORP , ASHLEY DODKINS , GAAN AANKLOP VIR ' N BIETJIE RAAD OOR SLANGE .
AUBREY KRUGER
VERANDER JOU SIENING OOR SLANGE Ashley wil mense se siening oor slange verander . Hy sê baie produsente “ hou nie baie van slange nie . Oupa het geleer ’ n slang moet dood en so word die siening oorgedra .” Volgens hom is slange “ die dier wat sekerlik die meeste misverstaan word , weens ons eie vrese daaroor . As mense sê slange moet dood en het geen waarde nie , wil ek weet hoekom hulle so voel .” Mense bel hom gereeld oor slange in hul erf of huis en minute later bel hulle weer nadat hulle die slang flenters
Kaapse Kobra
geslaan het . Ashley sê dat vrees vir slange sekerlik altyd daar is , maar dat mens na hulle doel in die natuur ook moet kyk en moet onthou dat die slang eintlik banger vir jou is as jy vir hom .
PRODUSENTE EN SLANGE Boere in die Vrystaat het baie molslange . Molslange vreet springhaasmuise , rotte en molle “ al die goed wat byvoorbeeld ’ n boer se koring opvreet . Hulle is glad nie giftig en sleg nie . Aan die ander kant is pofadders en Kaapse kobras ook volop en hulle is wel giftig .”
“’ n Boer en ’ n slang kan eintlik lekker saamleef .” Ashley vertel dat as daar net 100 slange in ’ n klein area op jou plaas voorkom en elkeen vreet ’ n muis elke vyf dae , kan jy maar self die sommetjie maak . Dit is eintlik tot voordeel van die produsent om slange op sy plaas te hê . As elkeen 6 muise / rotte ’ n maand eet , is dit 72 rotte per jaar . 100 slange sal dus 7 200 muise en rotte per jaar verorber .
SLANGE IN ONS AREA Ashley noem dat die Kaapse kobra baie in die Noordwes en Vrystaat
> VERVOLG OP BLADSY 35
Jong pofadder
Volwasse pofadder
Eiervreter
Bruin huisslang
Ashley Dodkins , permitbeampte van die Herpetologiese Vereniging in Klerksdorp .
Molslang
SENWES Scenario • OKT / NOV 2016 33