Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 34

•••• HA N D E LSN U U S ‘n Voersorghum vir elke doel WÈAN BENADIE AGRICOL SORGHUM GEWASBESTUURDER V oersorghum is een van die gewildste eenjarige somervoergewasse weens die volgende redes: • Baie hoë volumes ruvoer word geproduseer. • Dit kan op verskeie maniere benut word, naamlik kuil­ voer, staande hooi, beweiding, “green- chop”. • Dit is goed aangepas op verskeie grondtipes. Sorghumspesies is ook toegerus met ’n reeks eienskappe om droogtetoestande beter te kan hanteer as ander gewasse naamlik: • Sorghum beskik oor ’n baie fyn en vertakte bywortelstelsel en kan grondvog meer effektief benut op veral marginale gronde. • Wanneer omgewingstoestande ongunstig raak, besit sorghum die vermoë om groei te staak en dan weer te hervat wanneer toestande gunstig is. • Sorghumspesies besit ’n wasagtige laag op die blare om uitdroging te keer. • Wanneer toestande ongunstig raak, besit die sorghumplant die vermoë om sy blare toe te rol. Laasgenoemde verklein die transpirasieoppervlak van die plant. Produsente moet poog om hul voervloei so effektief moontlik te bestuur om deurlopend genoeg 32 hoë kwaliteit voer vir vee beskikbaar te hê. Ten einde laasgenoem­ de te realiseer word daar aanbeveel dat ’n voersorghum pakket aangeplant word. Voersorghums met verskillende groeiklasse kan ge­ bruik word om vee se benuttings­ periode te verleng. Dit moet ook in gedagte gehou word dat verskillende voersorghumvariëteite doel­ spesifiek aangeplant kan word. AGRICOL wat die leier is in smaaklike, hoë-opbrengs voersorghumvariëteite bied aan produsente ’n voersorghum vir elke doel om sodoende laasgenoemde te realiseer. Vir beweiding is daar geen gelyke aan die immergewilde SupaSweet nie. Hierdie kultivar, met ’n aggresiewe aanvanklike groei en hergroei, lewer topopbrengste in enige produksiestelsel. SupaSweet se hoë suikerinhoud maak dit ook ideaal vir vroeë sei­ soen kuilvoer en kan ook as staande hooi gebruik word. Vir ongeëwenaarde kuilvoer­ opbrengste bied Agricol, Hunni­ green en HoneyMax aan. Beide hierdie voersorghumbasters is in ’n klas van hul eie wanneer dit kom by biomassa vir kuilvoer. Hunni­ green en HoneyMax is ultra laat blomtipes voersorghum wat beteken dat hierdie basters fotoperiode sensitief is. Laasgenoemde is ook die rede vir die kultivars se hoë opbrengste en beteken dat Hunnigreen en HoneyMax gewoonlik eers reproduktief raak wanneer die dagligure onder 12 ure en 20 minu­te daal. Hunnigreen en Honey­Max se waarde lê in hul meer­doeligheid en het geen gelyke OKT/NOV 2016 • SENWES Scenario ten opsigte van volume wanneer dit vir kuilvoer gesny word nie. Dit kan ook dien as ’n uitstekende bron van staande hooi vir die winter. AGRICOL bied ook ’n uit­ steken­de pakket Sorghum-Soedan­ kruis voersorghums in die vorm van Superdan en Niagara II. Beide hier­die kultivars spog met goeie hergroeivermoëns en is ’n uitstekende bron hoë kwaliteit groenweiding vir beeste en skape. Vir blousuurvrye benutting kan die baster babala variëteit (Penni­setum glaucum) Agrigreen aangeplant word. Geskik as groenweiding vir perde, beeste en skape, kan hierdie produk vanaf 4-6 weke na plant benut word en beskik dit ook oor goeie hergroei-eienskappe. Voersorghum, die regte tipe vir die regte doel, kan met groot sukses onder wyd uiteenlopende omstandighede verbou word. Vir enige navrae oor ’n wêreldklas voersorghumpakket, skakel gerus u naaste AGRICOL agent of een van ons kundige bemarkers vir verdere inligting. • Henk Crafford Wes-Vrystaat 078 459 4833 • Johann Badenhorst Noord-Vrystaat 060 587 5626 • Wèan Benadie Sorghum Gewasbestuurder 063 253 2000