Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 33

N UUS ••• •• •• Moeletsi Mbeki = Hoofspreker by VSL Kongres BELEGGING IN SUID-AFRIKA SE EKONOMIE IS VAN DIE UITERSTE BELANG VIR DIE LAND SE MAATSKAPLIKE HEIL EN VOORUITGANG. JAPIE FRANSMAN EN JOHAN NORVAL M nr. Moeletsi Mbeki, ’n onafhanklike poli­ tieke ontleder, het tydens die kongres van Vrystaat Landbou in Bloemfontein kommersiële produsente aangemoedig om, net soos in die geval van die land se nywerheidsbedryf, hulle geld in die landbou terug te ploeg. “Indien ons nie in ons geld in ons eie bedrywe herbelê nie, sal die land se maatskaplike probleme net vermeerder,” sê hy. “Maar die kuns is hoe julle as eienaars van landbougrond druk op die regering gaan uitoefen om ’n beleggersvriendelike omgewing te skep waarbinne meer welvaart vir almal geskep kan word.” Mbeki se uitdaging aan produ­ sente is om druk op die regering uit te oefen om hulle toe te laat om deur verhoogde produksie en herbelegging in die landbouekono­ miese groei te bewerkstellig. Hy het ook die huidige swak steun aan die landboubedryf betreur, wat aanleiding daartoe gee dat Suid-Afrika ’n netto invoer­ der van voedsel word. “Ons het gesien wat met die pluimveebe­ dryf gebeur het, wat nou bykans heeltemal van invoere afhanklik is. In teenstelling hiermee geniet die motorbedryf aansporingsmaatreëls van die regering – ’n bedryf wat nie eens deur Suid-Afrikaner