Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 30

•••• NUUS Agri NW kyk na omdraaistrategie SENWES WAS WEEREENS ’N MEDEBORG VAN DIE JAARLIKSE AGRI NOORDWES KONGRES WAT OP 6 EN 7 SEPTEMBER IN LICHTENBURG GEHOU IS. DIE TEMA VAN DIE KONGRES WAS “OMDRAAISTRATEGIE VIR ’N VOLHOUBARE AGRISEKTOR”. MARLON ABRAHAMS D r Pieter van Jaarsveld, ’n sielkundige en emosionele intelligensie spesialis, wat met die Springbok Sewesspan gewerk het, het die kongres geopen met ’n insiggewende voorlegging oor die belangrikheid van emosionele intelligensie in besigheid. “Jou kwali­ fikasies en kundigheid is minder belangrik as die wyse waarop jy oor mense en die wêreld waarin jy leef, dink. In wese moet jy die verandering wees wat jy graag wil sien,” het hy Ghandi aangehaal. Dr Van Jaarsveld het die 150 lede van die gehoor laat skaterlag en in vervoering gehad met sy ware verhale oor hoe ’n veranderde denkwyse tot besigheidsukses kan lei. Pierre Vercueil, die president van AgriNW, het gesê dat produsente gefokus moet bly op die 28 produksie van voedsel vir die nasie. “Die volhoubaarheidsdebat duur voort, met ’n aantal verskillende faktore uniek tot Suid-Afrika, van politiek tot klimaat, wat ’n invloed op die debat uitoefen. ’n Gesonde landbousektor is nodig vir ekono­ miese groei in ons land. Dit maak nie werklik saak wie die land regeer nie. Die vinnige pas van verstedeliking beteken dat iemand voedsel sal moet voorsien aan die mense en die enigste mense wat aan hier­die behoefte kan voldoen is die Suid-Afrikaanse produsente. Brand Pretorius, voormalige hoof uitvoerende beampte van McCarthy Beperk en Toyota SA, het die kongres toegespreek oor ’n omdraaistrategie vir landbou uit ’n besigheidsperspektief. Die 68-jarige voormalige leier het gesê dat ’n omdraaistrategie geïmplementeer moet word teen die agtergrond van die huidige ekonomiese realiteite. “Riglyne vir ’n omdraaistrate­ gie moet etiek insluit, dit moet verandering aanvaar, transformasie aanmoedig en bemagtiging en die verligting van armoede en ongelykhede bevorder. My droom is om die gesigte van ’n aantal suksesvolle swart boere oor 5 jaar by die AgriNW kongres te sien.” Prof Johan Willemse van die Departement van Landbou-eko­ nomie van die Universiteit van die Vrystaat het oor die praktiese implementering van ’n omdraai­ OKT/NOV 2016 • SENWES Scenario Omri van Zyl, Uitvoerende Direkteur van AgriSA. strategie vir landbou gepraat. Sy voorlegging is opgesom deur die voorbeeld van Poolse boere wat die massamoord van 6 miljoen mense tydens die Nazi besetting van Pole oorleef het, en steeds daarin geslaag het om volhoubare boerderye te bedryf. “Toe ek vra hoe hulle dit gedoen het, het hulle geantwoord: “Ons het eenvoudig op ons besigheid gefokus.” “Ongeag die uitdagings van die Suid-Afrikaanse realiteite, moet boere daarop fokus om winsgewende besighede te bedryf en dit is waaroor ons debat moet voer,” het hy gesê. Omri van Zyl, Uitvoerende Direkteur van AgriSA, het die kongresgangers daaraan herinner dat hulle bewus moet wees van die veranderinge in die wêreld, soos die Amerikaanse verkiesing, die politiek van die Eurosone en ontwikkelende ekonomieë. Almal moet deel wees van die droom. Ons wil die voedselmandjie van Afrika wees en niemand gaan met jou stry as jy verantwoordelik is vir die produksie van voedsel vir ’n totale kontinent nie.” Hy het bygevoeg dat “AgriSA verandering kan predik tot hulle blou in die gesig is, maar dit is nodig dat die leiers van georganiseerde landbou eerste moet verander”.