Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 27

HANDELSNUUS

Van Portugal na Bloemfontein

MEGANISASIE MET JOHN MORGADO

•••
•••••••
John Morgado is jou getroue werkswinkelbestuurder by Senwes Equipment in Bloemfontein , al die pad van Portugal .
DIENS Oor diens is John baie presies : “ Die Bloemfonteinse produsente soek diens op hulle plaas .” En om dit te doen kom hulle so vinnig as moontlik by die produsente uit .
Hulle verdien beslis ook ’ n pluimpie . Die Bloem fon teinse tak diens ’ n area met ’ n radius van sowat 200 km , wat onder andere Bloemfontein , Petrusburg sowel as Kimberley en Rouxville , Tweespruit , Zastron en Theunissen insluit .
Dit is verseker nie ’ n maklike taak nie . Daarom dat John so gesteld is daarop dat sy afdeling die werk die heel eerste keer reg moet doen . Vir hulle is boere in Bloemfontein van kardinale belang , nie net vir die landbou nie . “ Ek glo boere is die ruggraat van die Bloemfonteinse area .”
John is ’ n sterk voorstaander van goeie kommunikasie tussen alle afdelings binne Senwes ten einde die produsent optimaal te kan diens .
Beskerm jou Plaas en Toekoms teen alle risiko ’ s deur AgriSeker !
AUBREY KRUGER

John Morgado is die werkswinkelbestuurder by Senwes Equipment in Bloemfontein . Hy is so te sê gestuur vir Bloem en was slegs 4 jaar oud toe sy familie na Suid-Afrika geïmmigreer het . Hy het by Grey College in Bloemfontein skoolgegaan en uiteindelik in 1981 by Malvern High gematrikuleer . John is ’ n ou bekende en is al sedert 1982 in die bedryf - amper 35 jaar . Hy is vir die afgelope vier jaar by Senwes maar het vir baie jare by talle motorhuise gewerk , insluitend 18 jaar by Toyota . Hy het ook ondervinding in die groothandel en as wapensmid . Op persoonlike vlak is John al vir 32 jaar met Fatima getroud en hulle het twee kinders , Tanita en Carina , en is ook geseën met twee kleinkinders , Hailey en Caden . John het drie tegnici en 12 personeel in sy werkswinkel .

SENWES Scenario • OKT / NOV 2016
25
Ons is Seker Landbou se Toekoms klop in ons are !
Ons is Seker ons kan jou Plaas en Oes teen alle risiko ’ s verseker na al jou harde werk en toewyding !

Wees AgriSeker !

Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer FSP no : 45767
Vir meer inligting kontak jou makelaar of besoek www . agriseker . co . za | 058 307 8600