Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 26

•••• VERHOUDINGSBESTUURDER BLOEMFONTEIN HA N D E LSN U U S Om sukses te behaal sit Willem verskeie werkshoede op BLOEMFONTEIN SE VERHOUDINGS­BESTUUR­DER, WILLEM PIENAAR, IS AL 41 JAAR IN DIENS VAN SENWES EN SY WERK IS VIR HOM STEEDS BEVREDIGEND. AUBREY KRUGER W illem het in 1975 by Senwes op Dewetsdorp begin werk toe die maatskappy nog as Sentraalwes bekend ge­­staan het. Hy het as klerk begin en later jare afgelos as takbestuurder by Edenburg en Reddersburg. Daarna het hy saam met sy broer, Saai, op huurgrond in Dewetsdorp geboer en in 2000 weer by Dewetsdorp begin werk as onderdelehoof. Hy is vanaf 2002 die verhoudingsbestuurder in Bloemfontein. HOE SIEN HY SY WERK? “Ek bestuur verhoudings met verskaffers en met ons klante en werk ook nou saam met Senwes Credit omdat ek van die produk­sie­ aansoeke hanteer. Verhoudings, familie en boerdery is Willem Pienaar se passie. 24 Om sukses te behaal sit Willem verskeie werks­hoedjies op. Hy is ’n verteenwoordiger van Senwes Credit sowel as Hinter­land en moet al daardie take bestuur. Uit die aard van sy pos is Willem ten volle bewus van die belangrikheid van verhoudings met verskaffers, klante, familie en kollegas. DIE VERSKAFFERS Jou sukses hang af van hoe goed jy met verskaffers oor die weg kom: “Jy móét eenvoudig met hulle oor die weg kom.” Daarom kontak hy hulle gereeld en almal weet sy deur staan altyd oop vir hulle. Hy sê dat hulle sukses afhang van verhoudings met verskaffers omdat mens graag wil hê dat al die besigheid na jou kant toe moet kom - “Jy moet die ou wees aan wie hy dink.” DIE KLANT Klantediens loop hand aan hand hiermee. Die klant is die “ultimate factor”. Hy het reeds as gewone klerk besef dat hy die klant se vertroue altyd moet behou. Dit is die heel belangrikste. Jy moet hulle die hele tyd diens. Niemand is iets sonder klante nie.” FAMILIE Willem bly in Dewetsdorp en diens Bloemfontein, Petrusburg en Dealesville. Verhoudings by die huis en ’n gesin wat begrip OKT/NOV 2016 • SENWES Scenario hiervoor het, is dus baie belang­rik. “Sonder familie is ek niks.” Hy is al 38 jaar met Rina getroud en volgens hom is hy ook ‘gebless’ met die twee mooiste dogters, Ansunet en Mandi, en het vier kleindogters en een kleinseun. KOLLEGAS Willem loop ook ’n pad met kollegas: “Met Senwes Credit, my sleutelrekeningbestuurders, my debiteureklerk, my bestelklerk, my stoorman en my takbestuurders.” Jou sukses is immers toe te skryf aan hoe jy met hulle almal werk en as jy ’n spanmens is, maak dit alles net makliker. Hy doen al hierdie dinge met ’n glimlag – “Om met mense te kan werk is ’n gawe. Ek is lief vir mense, so dit alles maak dit lekker vir my.” Die dat hy elke oggend met groot dankbaarheid en opgewondenheid werk toe kom. Dit is nie altyd maklik nie, maar in die moeilike tye maak die saamstaan dit alles die moeite werd vir hom. Op 62 is aftrede die laaste ding in Willem se gedagtes.” Ek is een van daardie ouens wat nie beplan om af te tree nie.” Indien dit vir hom beskore bly gaan hy nog vir so lank as moontlik aanbly. Daarna gaan die boerdery hom aan die gang hou - hy leef sy skaapboerdery met passie uit – sy “sielgesondmaaktye.” Sy genot is selfs te bespeur al is dit “leeuwêreld daar buite”. “As ’n jong boer by jou kom sit, en jy hom sien hom groei deur die jare. Om ’n jong boer vir Senwes en Hinterland te kan vat. Dit is ongelooflik bevredigend.” So hoop hy dít is hom nog vir ’n rukkie beskore…