Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 23

N UUS sy insette by wyse van ’n voorafopname gelewer wat tydens die dag gebeeldsend is. “Voor die stokkie aan die volgende generasie oorgegee word, moet die besigheid uitgebrei word en seker gemaak word dat dit winsgewend is. Dan moet daar ook plek wees vir jou kinders om hulself te vestig.” Dannhauser het bygevoeg dat kinders ook hulself moet bewys, dat hulle hul plek moet verdien en dat hulle ’n passie vir die besigheid moet hê. Francois Strydom het benadruk dat daar onderskeid getref moet word tussen intellek en bates “Intellek en bates is twee aparte entiteite.” Strydom het uitgebrei dat beide apart ontwikkel moet word ten einde sukses te verseker. Hy het ook genoem dat geld nooit jou enigste motivering moet wees nie. Strydom het ’n produsent aangehaal wat gesê het: “Ek wil nie ryk word nie, ek wil net met beeste teel.” Die probleem hier is dat te veel klem soms op die bates geplaas word. Hendrik Wessels het op sy beurt gesê dat familiebesighede ook van goeie finansiële adviseurs gebruik moet maak ten einde optimum finansiële beplanning te bewerkstellig. Hy het ook genoem dat die skep van ’n trust ’n belang­ rike oorweging is om kapitaalwinsbelasting wettiglik te vermy. Kapitaalwinsbelasting kom soms as ’n onbeplande finansiële verrassing vir meeste kinders wat plase erf. Maak seker jy mis nie die volledige program met al die inligting en raad oor hoe om ’n suksesvolle familieboerdery te bestuur nie! Te ••• •• •• Hendrik Wessels van PricewaterhouseCoopers. oordeel aan die oorweldigende interaksie van die gehoor en die vrae wat via die Nasie in Gesprek toep ontvang is, bly hierdie onderwerp verseker baie relevant in die bedryf. Hou die pers dop en besoek gerus die Nasie in Gesprek webtuiste by www.nasieingesprek.co.za vir die volledige skedule. 21 Ons stel bekend KynoPlus™ die stikstofkragbron. Dryf jou gewasse aan met N-hanced-N™, ‘n nuwe kategorie ∑nhanced stikstofprodukte vir verbeterde kwaliteit, opbrengs en wins. KynoPlus™, die eerste produk in ‘n nuwe reeks N-hanced-N™ stikstofdoeltreffende kunsmismengsels. uppe marketing A12783 KynoPlus™: • Word aangedryf deur AGROTAIN®, ’n vervlugtigingsinhibeerder wat stikstofdoeltreffendheid verbeter en dus die beskikbare stikstof in die grond verhoog. • Bied buigsaamheid in toediening. • Verlaag saailingverlies en verbeter aanvanklike gewasgroei. Die krag van blou sit die groen terug in jou gewasse. 011 317 2000 | www.kynoch.co.za Nie handeldrywend in Wes-Kaap. Farmisco (Edms) Bpk h.a. Kynoch Kunsmis Reg nr: 2009/0092541/07 KynoPlusTM is geregistreer as kunsmis groep 1 - K8024 (Wet 36 van 1947)