Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 20

•••• KO L LI G Groot geskiedenis by hierdie Kleinheuwel > VERVOLG VAN BLADSY 17 VEE Charl het geen aanteelvee nie. Hy koop vir die afgelope dekade speenkalwers so lig as moontlik aan en neem hulle tot 280 kg, waarna hy hulle verkoop. Hy het dus net spekulasievee - so 800 tot 1 000 kalwers. Die groot voordeel was in die droogtetyd toe hy amper geen kalwers gehad het om te voer nie. Die ander end van die skaal is dat jy tydens swaar tye geen inkomste vanuit die veekomponent het nie. SENTIMENT IN BOERDERY Hy sien sy rol as produsentpa om sy kinders te motiveer om in landbou te bly. Hulle seun Robert (14) is in Jacobsdal Landbouskool en sy kop staan klaar in die rigting van boerdery, waar hy as die sewende generasie boer in die familie die rol sal moet vervul. Hy en Hetmari het ook ’n dogter Shereé (11), wat ’n leerling by Oranje Meisieskool is. Hy beskou homself as redelik sentimenteel, maar voeg by – “Mens moet nie te sentimenteel wees nie. As jou kinders nie wil 18 Charl het 13 John Deere trekkers asook ‘n John Deere stroper op sy plaas. boer nie moet hulle word net wat hulle wil.” STOKPERDJIES Hoewel boerdery baie tyd in beslag neem, voel Charl dat ’n boer stokperdjies moet hê. Net die vorige dag het hy en sy seun Vrystaat Kleiduif gaan skiet. Verder vlieg hy met sy Kitfox 7-Supersport tweesitplek vliegtuig, ry sy BMW 1200 Adventure en daarby is hy ook ’n 4x4-entoesias en het al die duine by Luderitz, Walvisbaai, Mier en Boegeberg uitprobeer. Dan leen die gebied op sy plaas hom ook uitstekend tot 4x4-roe­ tes met tot vlak 5-roetes wat hier beskikbaar is. WILD Die wildskomponent word op 1 800 hektaar bedryf, hoofsaaklik OKT/NOV 2016 • SENWES Scenario op die plaas Uitvlug-Wes. Oorspronklik het die familie net met swartwildebeeste, blesbokke en springbokke geboer, maar vandat hy in 1990 hier begin het, is die aantal spesies tot 14 uitgebrei wat rooibokke, springbokke, blesbokke, hartbeeste, gemsbokke, zebras, njalas, swartwildebeeste, koedoes, talle waterbokke, volstruise en leeus insluit. WERKERS Charl het 16 werkers op sy plaas met van hulle wat al van sy groot oupagrootjie Ignatius Kruger, se dae hier werksaam is. Hy beskryf Jannie du Plessis, wat al 5 jaar hier werk, egter as “sy regter- en linker­ hand.” Jannie se eintlike liefde is beeste, maar hy doen omtrent alles op die plaas wat sowat 35 km buite Bloemfontein geleë is.