Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 19

KOLLIG •••
•••••••
Die Krugersdrifdam het familieverbintenis .
BOER AL LANK Charl produseer al vanaf 1990 hier . Sy plase beslaan 5 600 hektaar en die lande is om die helfte saailande en weiding . In ’ n normale jaar produseer hy op 1 600 hektaar met die res wat oorlêlande is . Mielies word geproduseer op 800 hektaar en sonneblom en tef op 400 hektaar elk . 160 hektaar van die saailande is onder besproei ing . Hoewel mielies sy hooffokus is , het hy egter tydens die afgelope droogteseisoen net sonneblom verbou .
WAT HY BY SY PA GELEER HET Hy het “ omtrent alles by my pa Robert geleer .” Robert , wat sowat 6 jaar gelede oorlede is , het nooit kwaad geword nie . Charl vertel dat iets wat hom altyd sal bybly is dat sy pa gesê het : “ As jy baklei , het jy die fight verloor .” Soms dink hy terug aan hoe dikwels hy vir sy pa kwaad was , maar dat sy pa op die ou einde altyd die fight gewen het .
SY EIE MOTTO Wees tevrede met wat jy het - “ Baie boere wil altyd net groter en beter gaan , tot die heel beste .” Hy is anders : “ Ek het nog nooit met ander boere in die omgewing gekompeteer nie . Mens moet tevrede wees met wat jy het , en dit net geniet .”
Geloof is ook belangrik : “ As
Die wildskomponent word op 1 800 hektaar bedryf met van swartwildebeeste tot zebras wat hier voorkom .
Die Modderrivier is ‘ n belangrike lewensaar vir die distrik .
jy nie glo nie , glo ek nie jy sal ’ n boer kan wees nie .” Dan het die “ weermag my ook geleer dat jy verder kan gaan as wat jy dink jy kan gaan ”.
SENWES Oor sy betrokkenheid as Senwes klant is hy baie uitgesproke . “ Ek is dankbaar vir Senwes wat van voor die begin van my boerderyjare my al bygestaan het , van 1989 toe ek ’ n lidnommer gekry het .”
Charl doen sy graanbemarking vanaf 1990 by Senwes en is baie tevrede met die diens van graanverkryger Jana Erasmus . “ Jou geld is verseker by Senwes en jy kan nat graan lewer .” Op finansieringsgebied maak hy van Senwes Credit gebruik . Na ’ n paar jaar waartydens hy kontant geboer het , maak hy nou weer van Senwes Credit gebruik . En van Sleutelrekeningbestuurder , Louis Twigge sê Charl : “ Ek het regtig respek vir hom gekry .”
JOHN DEERE TREKKERS EN SENWES Hy het 13 John Deere trekkers en ’ n John Deere stroper . Vir hom gaan dit uit-en-uit oor die diens wat hy by Senwes Equipment kry . “ Ek hou van John Deere en Senwes is in Bloemfontein . Anders as die ander groot agentskappe wat in Bultfontein en Hoopstad geleë is .”
> VERVOLG OP BLADSY 18
SENWES Scenario • OKT / NOV 2016 17