Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 11

A RE A F O KUS Die bronsstandbeeld van Nelson Mandela troon oor Bloemfontein. en strukture en ons fokus op die belangrikstes in hierdie insetsel oor Bloemfontein. DIE NELSON MANDELA STANDBEELD Sekerlik die grootste ikoon in Suid-Afrikaanse geskiedenis, waak oor Bloemfontein. Die Nelson Mandela standbeeld is in 2013 opgerig as ’n simbool van eenheid. Die 8-meter hoë bronsbeeld weeg ’n massiewe 3.5 ton, het ’n volle 20 maande geneem om te voltooi teen ’n koste van R4.6 miljoen en staan in die hart van die stad op Naval Hill. VROUEMONUMENT Benewens die standbeeld van Mandela troon die Vrouemonu­ ment ook bo die stad uit. Die nasionale vrouemonument is net ’n klipgooi vanaf die Bloemfontein Hinterland tak. Die 35-meter hoë naald of ‘obeliks’ is ter nage­ dagtenis van 27 000 boervroue en kinders wat in die tweede wêreld­ oorlog gesneuwel het. Dit is ’n werkstuk van die bekende Anton van Wouw, wat ook verantwoordelik was vir die beeld van die vrou en kinders aan die voet van die Voortrekkermonument. Die 35 meter hoë naald van die Vrouemonument. ••• •• • Die Eiffeltoring is al vir meer as 50 jaar ’n baken in die stad. DIE BITTEREINDER Nog ’n belangrike beeld is dié van bittereinder MCE van Schoor, wat op die koppie by die Vrouemonument ’n ogie oor die stad hou. DIE EIFFELTORING Die stad raak ook al hoe meer ’n internasionale stad. Bloemfontein se bekende Eiffeltoring, oftewel ’n replika daarvan, is in die 1960’s deur ’n privaat konstruksiemaatskappy opgerig. Dit staan ’n massiewe 25 meter hoog en word geanker deur vier betonblokke van Rosestad! > VERVOLG OP BLADSY 10 CE van Schoor Bittereinder, M oor die stad. waak SENWES Scenario • OKT/NOV 2016 9