Senwes Scenario Oktober / November 2016 | Page 10

•••• AREA F OK U S BLOEMFONTE Aan die hart van alles IN SOOS DIE STAD SE LEUSE LUI, IS BLOEMFONTEIN, OFTEWEL MANGAUNG, VERSEKER AAN DIE HART VAN ALLES. EN BLOEMFONTEIN STAAN BESLIS AAN DIE HART VAN ‘N HELE PAAR ASPEKTE. BLOEMFONTEIN, EN UITERAARD DIE VRYSTAAT, IS REG IN DIE MIDDEL VAN SUID-AFRIKA EN IS DUS DIE HART VAN DIE LANDBOUSEKTOR IN ONS LAND. AUBREY KRUGER D aar is al talle konnotasies aan Bloemfontein gekoppel in sy 170-jarige bestaan. Noem dit maar op, Rosestad, Studentestad, die tuiste van Kovsies, die geregtelike hoofstad van Suid-Afrika en ook sportstad duisend (Wayde van Niekerk, die pasgekroonde Olimpiese kampioen en wêreldrekordhouer in die 400 m, met ’n tyd van 43.03 sekondes by die afgelope 2016 Rio Olim­piese Spele, is ook ’n Bloemfontein boorling). Natuurlik, met landbou as die ruggraat van die gemeenskap, speel Senwes ook ‘n integrale rol hier. Ou bekendes wat oor die stad waak Bloemfontein huisves talle ou en unieke beelde, geboue en kerke Mangaung is aan 8 OKT/NOV 2016 • SENWES Scenario die Hart van Alles.