Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 60

••• RUBR I E K MILANIE VOSLOO FOTO: LEEF DAAR IS MIN BOERE WAT GOD NIE KEN NIE ‘N MISKIEN IS DIT OMDAT WERK-METDIE-AARDE JOU OP ANDER MANIERE EWIGHEIDSWAARHEDE LEER. Saaiboer begin elke jaar van voor af. Die oes is skaars van die lande of hy neem weer risiko’s. Vertrou dat die hoop wat hy in die grond plant, weer genoeg son en reën sal ontvang om ‘n oes te lewer. En is die wonder van ons Vader se voor-begin-genade nie juis die hoop waarmee gelowiges leef nie? Is dit nie dié wete wat ons help om keer op keer maar weer te probeer om die saad van goedheid te saai nie? ‘n Tweede werklikheid waarmee boere saamleef is die feit dat hy nie in beheer is nie. Hy kan die beste saad plant, die groei daarvan met wonderlike chemiese middels beskerm en uitstekende boerderypraktyke toepas sonder die waarborg van ‘n winsgewende oes omdat daar méér nodig is as menslike hande. Omdat die natuur uiteindelik die wins of verlies bepaal. ‘n Boer weet dat daar ‘n God is ... en dat dit nie hy is nie. Dat hy sy deel kan doen, maar dat die Skepper uiteindelik die uitkoms bepaal. Daarom weet boere dat geloof nie ‘n waarborg vir sukses is nie, maar dat dit veel eerder die diep besef is dat hy as mens, ondanks homself, maar net met groot afhanklikheid van 58 die lewende God wil leef. ‘n Derde waarheid waarmee ‘n boer gereeld gekonfronteer word, is die feit dat hy ’n konstante stryd teen onkruid en plae het. Iets wat hy gedurig moet dophou, moet beheer en onmiddellik moet uitroei. Hy weet dat hierdie dinge ‘n manier het om gesonde plante se groeimoed te breek en die goedwees te steel. Miskien moet ons onsself meer gereeld aan hierdie natuurles herinner: dat die goeie in ons gedurig deur ‘n klomp dinge onderdruk word. En dat ons juis daarom met die bewustheid van ons eie feilbaarheid sal leef. Dat ons gedurig weerstand sal bied teen die dinge wat ons vrede, vreugde en liefde uiteindelik gaan steel. Mag ons nooit ophou om die waarhede wat die lewe ons bied, raak te sien, raak te hoor... raak te leef nie. Vader, ek besef maar net weer vandag dat ek nie sonder U kan leef nie. Nie sonder U wíl groei nie. Okt/Nov 2015 • SENWES Scenario WEN Stap die pad na vrede saam met Milanie Vosloo en die God van vreugde. In Jou voetpad na VREDE vertel sy dat God wil hê sy kinders moet deur Hom gelukkige en vervulde mense wees. Die 366 dagstukke bespreek verskeie temas soos hoop, eerlikheid, nuut glo, gee en ontvang, geluk en jy kan maar net jý wees. Hierdeur sal lesers die versekering ontvang dat gelowiges weer kan probeer omdat ons onder God se vergifnismantel leef, dat daar altyd hoop is ten spyte van donker oomblikke en dat ons mense met rustigheid kan wees omdat God ons lei. Milanie se gebed vir haar lesers is dat Jou voetpad na VREDE hulle sal oortuig dat God hulle nooit uit sy hand sal laat val nie en dat hulle opnuut bewus sal word van Sy liefde en genade-arm om hulle. Die nuwe boek behels 366 dagstukke in ‘n lekkerlees 412 bladsye uitgawe waarvan die vrystellingsdatum Augustus was, teen ‘n prys van R189.95 op die rake is. Die boek volg op Milanie se Sielskos vir die vrou wat lééf, Laat Sy liefde jou lei, Gekoester in God se liefde, Moed vir elke more, Net soos jy is en Sielsgedagtes. Wen met Senwes en Cum uitgewers. Een gelukkige leser kan ‘n kopie van Jou voetpad na VREDE, 366 koesteroordenkings op jou reis saam met die God van vreugde wen. SMS Senwes, Cum, jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 16 November 2015.