Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 58

••• T UIN W E N K E Oktober! Viooltjies rooi en blou! OKTOBER IS DIE MOOISTE MAAND IN DIE TUIN MET DIE MEESTE BLOMSTRUIKE EN ROSE NOU IN BLOM. DIE BOME PRYK IN HUL GROENSTE NUWE KLEURE EN DIE GEUR VAN BLOMME EN STRUIKE HANG IN DIE LUG! DIE BELANGRIKSTE TAKE VIR DIÉ MAAND IS BEMESTING, BESPROEIING, ONKRUIDBEHEER EN DIE UITPLUK VAN DOOIE BLOMKNOPPE. W anneer die grasperke welig groei, is dit die beste tyd om onkruid te verwyder. Bespuit met ‘n breëblaaronkruiddoder, soos Efekto Hormoban APM of Turfweeder APM, wat die onkruid sal doodmaak sonder om jou gras te beskadig. Wend weekliks aan totdat die onkruid vergeel en doodgaan. Onkruid op plaveisel en tussen ornamentele spoelklippe kan beheer word met ‘n onkruiddoder soos Clear Pave, maar onthou dat hierdie nie plantspesifiek is nie en enige groen plante sal doodmaak. Volg die instruksies op die voubiljet. Verryk jou groentetuin se grond met die byvoeging van Wonder Beenmeel en Wonder 3:2:1 (28) SR kunsmis. Spuit jou hele tuin met Guanoflo, wat ‘n maklik absorbeerbare voeding is, met sigbare resultate. Rose het weer baie voeding nodig. Wonder Vitaliser Rose & Flower 8:1:5 (17) is spesiaal vir rose geformuleer en verseker sterk, gesonde plante met lieflike blomme. Spuit jou rose maandeliks met Rosecare om fungus te beheer, of dien Roseprotector in die grond toe. Laasgenoemde verleen sistemiese beheer van fungus en blaarvretende/ suigende insekte. Roseprotector is vir drie maande aktief. Spuit jou tuin daagliks vroegoggend nat. Dis verkieslik dat jou plante nie die nag ingaan met waterdruppels op die blare nie. Dit kan bydra tot die ontwikkeling van swamme. ‘n Geprogrammeerde besproeiingstelsel maak die taak maklik. Voeg ‘n reënsensor by jou stelsel om seker te maak dat jy nie water spuit wanneer dit reën en so water mors nie. Laastens, pluk uitgeblomde blomme daagliks uit. Dit stimuleer die ontwikkeling van nog meer blomme en hou die tuin netjies. Geniet die oggendstilte en vroegoggend dou op die blomme. DIE WENNERS van die vier dubbelstel Protea krieketkaartjies op Senwespark was: Tom le Roux van Potchefstroom, Johan Venter van Bloemhof, Issie van Sittert van Hartbeesfontein en Frikkie Minnaar van Wesselsbron. 56 Okt/Nov 2015 • SENWES Scenario WEN met HANNON Diegene wat daagliks grimering dra en vir wie dit belangrik is om ‘n skoon en gereinigde vel te hê, sal baie van die bevogtigende MAKEUP CLEANSING MILK hou! Dit verwyder selfs die hardnekkigste oliebasisgrimering. Jy masseer eenvoudig die room bo oor jou dag se grimering in tot alles van jou vel weggelig is en spoel dit met skoon water af. Jou vel sal steeds sag en bevogtig voel en daarom is dit veral geskik vir iemand met ‘n droë en sensitiewe vel. Voor jy enige serum of vogroom aanwend, moet jy eers jou vel voorberei met ‘n verfrisser, oftewel ‘n toner (saamtrekmiddel). Die pH-balans van ons vel is 5.5. By die perfekte pH voel die vel kalm en kan dit die aktiewe bestanddele van vogrome beter absorbeer. Die pH BALANCING TONER is geskik vir alle veltipes en bevat anti-inflammatoriese bestanddele wat die vel onmiddellik kalmeer en vergrote porieë saamtrek. Jy spuit eenvoudig so 3 tot 5 sproeie oor jou vel na dit gereinig is en die vel transformeer tot die perfekte pH van 5.5. Geen wattebolletjies of lappies is dus nodig nie. SMS Senwes, Hannon en jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 16 November 2015 om ‘n kans te staan om een van twee Hannon geskenkpakke ter waarde van R685 elk te wen. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie.