Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 57

KO S V IR D IE SIE L ••• DS. WILLIE BOTHA NEDERIGHEID LEES: MATT 6:1-4; 18:1-5; GAL 5:22,23; JOH 13:1-17; JOH 19:30 ‘N OUPA EN SY KLEINSEUN HET EEN LAAT NOVEMBER DEUR DIE RYP KORINGLANDE GESTAP. TERWYL HULLE SO STAP HET JANNIE METEENS OPGEMERK: “OUPA, KYK DAARDIE PRAGTIGE KORINGAAR! HY STAAN SOMMER VER BO DIE ANDER ARE WAARVAN DIE KOPPE SO HANG, UIT.” S onder om twee keer te dink het sy oupa hom gestuur om die koringaar te gaan haal wat bo die ander uittroon. Toe Jannie met die aar terugkeer, pluk Oupa een van die are wat die laagste hang. “Nou kom ons kyk ‘n bietjie na die twee are. Ek gaan eers die aar wat uitgestaan het, se korrels uitvryf en in jou leë koffiebeker gooi, daarna vryf ons die aar wat laag gehang het se korrels uit en gooi hulle hier in my leë koffiebeker. Jy kan dan vir ons mooi na elke aar se korrels kyk, en vir Oupa vertel wat jy sien.” Jannie het graag die uitdaging aanvaar en aandagtig gekyk hoe oupa met sy groot, harde hande die twee are uitvryf. Nadat Jannie beide bekers se korrels goed bekyk het, roep hy tot sy verbasing uit: “Oupa, ek kan dit nie glo nie. Die aar wat laag gehang het, het nie net baie meer korrels nie, maar die korrels self is ook baie vetter.” Oupa het net stil en tevrede geglimlag oor sy kleinseun se ontdekking. Daarna het hy iets gesê wat Jannie sy lewe lank sou onthou: “So is dit ook met mense.” Nederigheid is een van daardie eienskappe wat ons van nature na mense aantrek. Gewoonlik is dit mense met ‘n goeie selfbeeld. Dit is nie vir hulle nodig dat ander mense hulle moet prys nie. Nog minder nodig dat hulle hulself voorop stel. In die Bybel word nederigheid as een van die vrugte van die Gees beskou. Dit is ‘n vrug wat in ons groei op grond van die werk van die Heilige Gees. Mens sou selfs so ver kon gaan dat in die vroeë Christelike tye baie mense na die Christendom aangetrek is. In Lukas 18 vind ons die gelykenis van die Fariseër en die Tollenaar. Een van die sake wat die twee van mekaa