•••
D RUPPE L S O P D IE DA K
THYS GROBBELAAR
SEISOENSVOORUITSIGTE
E
en groot leemte van klimaat in
Suid-Afrika, is ‘n gebrek aan
betroubare seisoensvoorspellings.
Daar is verskeie indekse en metodes,
maar met min sukses. Van die
indekse of modelle waaraan waarde
geheg word, is die El Niño en La
Nina verskynsel. Dit is nie ‘n bewese
voorspellingsmetodiek met akkurate
uitkoms nie. Weens ‘n gebrek aan
iets anders word daar wel na die
verskynsel gekyk.
Die Suidelike Ossilasie-indeks
wat grafies in onderstaande grafiek
uitgebeeld word, is een van die
indikatore waarna gekyk word om
die El Niño en La Nina verskynsel te
voorspel. Die indeks word bereken
op lugdrukverskil tussen Darwin
(Noordelike Australië) en Tahiti
(Stille Oseaan). Hoe negatiewer die
indeks, hoe sterker moontlikheid
vir die ontwikkeling van ‘n El
Niño verskynsel. Die indeks
toon ‘n bestendige negatiewe
tendens, wat gewoonlik uitloop
op ‘n El Niño met ondernormale reënval in Suidwes
Australië en Suidelike Afrika.
GEWASPRESTASIE
GEDURENDE EL NIÑO
EN LA NINA
Daar is goeie data sedert
die vroeë 1900s oor SOI en
seeoppervlakte-temperature en
is seisoene ook geklassifiseer as
El Niño, La Nina en neutraal.
Daar is gekyk na gewasprestasie
van mielies in Suid-Afrika sedert
1950 in somerreënvalgebiede.
Die vyf jaar lopende gemiddelde
opbrengs is bereken, wat die
afwyking van die verskillende
tipes seisoene bepaal ten opsigte
van gemiddelde opbrengs.
Onderstaande grafiek dui die
afwyking van die mielie-opbrengs
tydens El Niño, La Nina of neutrale
seisoene aan. Daar was duidelik vier
El Niño tipe seisoene met ‘n groot
negatiewe afwyking ten opsigte van
opbrengs. Dit was elke keer aan die
begin van die dekade. Sedert 1985
het al die La Nina tipe seisoene ten
minste ‘n gemiddelde opbrengs
of ‘n bo-gemiddelde opbrengs
gerealiseer. Die 1983/84 seisoen is
geklassifiseer as ‘n La Nina seisoen,
maar die mielie-opbrengste was
laer as die lopende gemiddeld. Wat
hier gebeur het was dat ‘n tropiese
sikloon, Demoina, oor ‘n gedeelte
van Suid-Afrika beweeg het en ‘n
ernstige droogte in die weste van
die land tot gevolg gehad het. Daar
was ook seisoene waar El Niño tipe
seisoene tot bo-gemiddelde mielieopbrengste aanleiding gegee het.
OPSOMMING EN
GEVOLGTREKKING
El Niño tipe seisoene wat hierdie
seisoen voorspel word, het al
ernstige komplikasies vir mielieopbrengsprestasie gehad. Daar
was amper net soveel kere waar
‘n El Niño seisoen aanleiding tot
bo-gemiddelde mielie-opbrengste
gegee het. Tropiese siklone en
sterk laagdrukstelsels oor die
Mosambiek Kanaal het in baie
gevalle ‘n sterker effek op ons
klimaat as wat die El Niño of La
Nina het. Ons sit hierdie seisoen
met onder-gemiddelde grondvog,
wat mens baie bekommerd maak.
Ons sal alles in ons vermoë moet
doen om praktyke te volg wat
nie verkwistend op grondvog
inwerk. Dit sluit plantestand,
kultivarkeuse, onkruidbeheer,
bewerking en bemesting in.
Ons vertrou ons Vader sal
voorsien. Sterkte en voorspoed
met die nuwe seisoen.
SENWES Scenario • Okt/Nov 2015
49