Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 48

••• RUBR I E K PLAASLIK: WITMIELIES: Onderstaande grafiek dui die prysverloop van witmielies op Safex aan. Hierdie seisoen het nou uitgeloop en begin die mark te kyk wat vir die volgende seisoen verwag word. Die seisoenale prys het nie die tradisionele patroon gevolg nie weens die droogte wat hierdie seisoen ervaar is. Die witmielieprys het reeds sedert Maart vanjaar begin styg tot ‘n piek gedurende Julie. Sedertdien het die prys redelik sterk teruggesak, hoofsaaklik op grond van die laer internasionale prys. Die verswakkende rand het egter die prysdaling beperk. Daar is ook onsekerheid oor die stand van die witmielie-invoere na Suid-Afrika en die werklike grootte van die oes. Die ope vraag is: Gaan daar weer ‘n weerpremie in die prys wees, wat gewoonlik gedurende begin Oktober in werking tree? Daar is wel verskeie faktore wat ondersteunend tot die weerpremie kan wees, soos die uiters lae vlak van opgegaarde vog in ons mieliegronde en die El Niño episode wat voorspel word. Tyd sal egter leer wat gebeur. Onderstaande grafiek dui die afgelope seisoen se prysbeweging van witmielies teenoor die langtermyngemiddeld aan. VOORRAADVLAK VAN WITMIELIES: Die berekende oordragvoorraad vir die 2015/2016 bemarkingsjaar is op ‘n redelike gemaklike vlak. Daar is wel ‘n mate van onsekerheid oor die finale oesgrootte. Die algemene gevoel is dat die witmielie-oes effens laer kan wees. Soos reeds vermeld is daar egter groot onsekerheid oor die komende seisoen se klimaatsituasie, in terme van die vlak van die grondvog, wanneer die hoofaanplantings kan realiseer en die El Niño-tipe seisoen wat verwag word. Dit kan tot redelike prysondersteuning gedurende die voorjaar aanleiding gee. Goeie reën en ideale klimaatstoestande kan weer druk op die prys plaas vanaf middel Januarie. Ons sal moet wag 46 en sien wat die seisoen vir ons inhou. Produsente moet verseker dat hulle nie te veel aan prysrisiko blootgestel is nie. Praat met jou graanmakelaar of -verkryger. OLIESADEKOMPLEKS: Die sonneblom- en sojaboonpryse op Safex word gewoonlik deur die sogenaamde internasionale oliesadekomplekspryse beïnvloed. Dit sluit sojabone, kanola, sonneblom en Maleisiese palmolie in. Die wêreldoordragvoorraad van sojabone is tans hoog. Die Chinese ekonomie, wat maar pap vertoon, plaas ook baie groot druk op die internasionale sojaboonprys. Okt/Nov 2015 • SENWES Scenario Weens ‘n spasiebeperking kan die oliesadekompleks nie in detail bespreek word nie. OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING: Internasionale graan- en oliesadepryse is weens veral twee redes redelik onder druk. Die eerste rede is die betreklike groot oordragvoorrade in die wêreld en tweedens die Chinese ekonomie wat baie “pap” is. Die klimaat wat in ons somerproduksiegebiede gaan heers dié komende voorjaar kan wel tot ‘n klimaatpremie aanleiding gee. Produsente moet hulle nie oormatig aan prysrisiko’s blootstel nie. Praat met jou makelaar of graanverkryger.