Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 47

R UB R IE K ••• land. Volgens die onderstaande grafiek dui die IMF wel ‘n stadige herstel in die Griekse en Chinese ekonomie tot 2020 aan, wat weer die hoop laat opvlam vir beter internasionale kommoditeitspryse. DIE INTERNASIONALE MIELIESITUASIE: Die berekende oordragvoorraad van mielies in die wêreld staan op ‘n 29-jaar hoogtepunt. In terme van ‘n persentasie van verbruik staan dit tans op ‘n 14-jaar hoogtepunt. Met die relatiewe groot oordragvoorraad en die verslapping in die wêreldekonomie, is pryse redelik onder druk. Die onderstaande grafiek is selfverduidelikend. ENERGIESITUASIE IN DIE VSA: Wat die internasionale mielieprys sedert 2005 aangevuur het, was onder andere die energiesituasie in terme van ruolieproduksie in die VSA. Uit onderstaande grafiek is dit duidelik dat die VSA slegs 4 miljoen vate per dag kon produseer. Dit was slegs 40% van hulle petroleumenergiebehoefte. Vrese dat hulle meer en meer afhanklik raak van ingevoerde energie, het hulle etanol-uit-mielieprojek geaktiveer en word daar tans 38% van die Amerikaanse mielie-oes in etanol verwerk. Intussen het die Amerikaanse petroleumproduksie gestyg tot amper 9.5 miljoen vate per dag, wat 60% van hulle energiebehoefte uit petroleum is. Dit is hoofsaaklik as gevolg van die sogenaamde “shale revolution” waar skaliebreking toegepas word. Daar is dus nie meer die groot druk op die vraag na petroleum nie, veral in die VSA, en het die internasionale ruoliepyse verder na vlakke gedaal waar dit vir sekere etanolaanlegte nie meer lonend is om etanol te produseer nie. Dit plaas verdere druk op die internasionale mielieprys. INTERNASIONALE MIELIEPRYS: Die Amerikaanse mielieprys beweeg op ‘n relatiewe lae vlak teenoor die vorige paar jaar, vir die redes reeds vermeld. Die Amerikaners se oes is klimatologies sogenaamd “deur” en hulle het in die suide begin stroop. Die prys beweeg dan tradisioneel na laer vlakke. Die verwagting is dat die prys vir ‘n geruime tyd op die vlakke gaan beweeg. SENWES Scenario • Okt/Nov 2015 45