HA N D E L SN UUS
SWAEL: DIE VIERDE
MAKRO-ELEMENT
DIE LANDBOU IS WAAR ALLES 62 JAAR
GELEDE VIR OMNIA BEGIN HET TOE
DOC WINKLER EN WILLIE MARAIS ‘N KLEIN
KALKONDERNEMING, GEBASEER OP ‘N KULTUUR VAN
HEGTE GESINSBANDE, OP DIE BEEN GEBRING HET. OMNIA
SE SAKEF ILOSOF IE, DIE WETENSKAP VIR GROEI, OF
NUTRILOGIE®, IS GEVOLGLIK OP HIERDIE KULTUUR GEBOU.
D
it behels veel meer as net
kunsmisverkope en is ‘n
omvattende model van belegging,
verhoudings, navorsing, gehalte
produkte en dienste, sowel as
‘n onwrikbare verbintenis tot
die landbou. Die Strategiese
Landboukundige Dienstedepartement ontwikkel voortdurend
maniere om voedingstof- en
waterverbruiksdoeltreffendheid
te verbeter, asook die kwanti
fisering van risiko’s vir verbeterde
besluitneming, tot voordeel van
die kliënt. Daarom het Omnia
onlangs sewe boeredae regoor die
land gehou ten einde sy navorsing
en kundigheid aangaande die
belangrikheid van swael as deel van
gebalanseerde plantvoeding met
kliënte te deel.
Die wêreld gebruik ongeveer
55 miljoen ton swael in
kunsmisvervaardiging (International
Fertilizer Industry Association
(IFA), 2015). Ongelukkig beland
slegs 10 miljoen ton daarvan
in landbougrond (The Sulphur
Institute, 2010). Drie-en-negentig
persent swael word as swaelsuur
gebruik, meestal in die vervaardiging
van fosfaatkunsmis, waarvan die
swael-byproduk dan uiteindelik op
gipshope beland. Daar was tot en
met 2010 ‘n bestendige afname in
swaelverbruik vir landboukundige
doeleindes, maar sedertdien het die
wêreldverbruik toegeneem. As die
huidige gewasbehoefte aan swael
bereken word, wil dit voorkom of
daar ‘n wêreldwye behoefte van
omtrent 25 miljoen ton swael as
plantvoedingselement bestaan.
Ongelukkig lyk dit, op grond
van huidige tendense, asof daar
in werklikheid 12.2 miljoen ton
minder swael as kunsmis toegedien
word (The Sulphur Institute,
2015). Wat nog meer ontstellend
is, is dat die gebruik van swael
in kunsmis in Suid-Afrika sedert
2008 amper gehalveer het, terwyl
verbruik in die res van die wêreld
met 14% toegeneem het.
Sonder die swaelbevattende
aminosure sisteïen en metionien,
asook ander organiese verbindings,
sal daar geen lewe wees soos
ons dit ken nie. Dit speel ‘n
groot en noodsaaklike rol as
plantvoedingselement en word
dikwels as die vierde makroelement na stikstof, fosfor
en kalium beskou weens die
uiterste belangrikheid daarvan in
plantfisiologie en -metabolisme.
Trouens, in die mielie- en
sojaboonproduserende gebiede
van die VSA word swael as
die derde grootste beperkende
plantvoedingselement na
stikstof en fosfor beskou.
Die belangrikheid van swael
as plantvoedingstof word tans
selfs meer beklemtoon as gevolg
van die volgende drie faktore:
•••
1. Die klem op
omgewingsbeskerming,
veral met betrekking tot die
vrystelling van swaelgasse
vanaf steenkoolaangedrewe
aanlegte, het veral in Europa
omvattend verskerp. Die
probleem is sedert die vroeë
1980’s drasties aangespreek.
Moderne lugsuiweraars
verwyder nou sodanige
gasse hoogs doeltreffend.
Steenkoolaangedrewe
kragstasies het in die verlede
swael oor landbougrond
versprei, maar het ook
ernstige besoedeling in
die vorm van swaelsuur
veroorsaak, wat swael
die bynaam van “geel
gif ” laat kry het.
2. Die vraag na swael het
eksponensieel gegroei
as gevolg van hoër
opbrengste wat per
eenheid landbougrond
verwyder word.
Vooruitgang in genetiese
materiaal en moderne
verbouingsmetodes het tot
hierdie verskynsel bygedra.
3. Die kunsmisbedryf het,
weens verskeie redes, na
hoogs gekonsentreerde
kunsmisprodukte beweeg
wat min of geen swael bevat
nie. Klassieke laekonsentrasie
produkte soos superfosfaat is
skaars in die wêreldmarkte.
Voortspruitend uit bostaande,
besef Omnia Nutrilogie® die
belangrikheid van hierdie
plantvoedingselement, vir
gewasproduksie asook die
voeding van mens en dier.
Die maatskappy vervaardig
swaelverrykte produkte deur
middel van sy chemiese
verkorrelingsproses, asook
vloeibare kunsmis wat
aansienlike hoeveelhede swael
bevat. Die swael in hierdie
produkte is in sulfaatvorm en
onmiddellik plantbeskikbaar.
SENWES Scenario • Okt/Nov 2015
41