Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 41

R UB R IE K outomaties verseker onder die Brandafdeling nie (die werf- of opstalomheining is egter wel ingesluit by Afdeling Huiseienaars of Woonhuisgeboue). Dit is egter relatief duur en word normaalweg slegs die grensdrade en nie die kampdrade nie, aangebied vir versekering. Normaalweg word die heining ook net vir 50% (vyftig persent) van die vervangingswaarde verseker, aangesien koste gewoonlik met die buurman gedeel word. Uitsonderings is byvoorbeeld waar die versekerde ‘n wildsheining oprig en waar die buurman nie tot die oprigtingskoste wil bydra nie. Dit is egter belangrik dat versekerde heinings behoorlik in stand gehou word. • Voer, strooi en hooi - hierdie is uiteraard ‘n hoë risiko en word vereis dat die miedens: • Ten minste 15 m van mekaar moet wees; en • Rondom die versekerde miedens ‘n gebied van minstens 15 m, te alle tye vry van alle brandbare plantegroei gehou word. Dit is verder ook belangrik om kennis te neem dat polisafdelings ook gereguleer word deur uitsonderings. So word skade as gevolg van water aan enige pomp wat geleë is in of op enige rivier, spruit of dam of op die wal van voorgemelde, uitgesluit van waterskade. Omvattende dekking op sulke items kan egter wel verkry word deur dit te verseker ingevolge Afdeling Sake Alle Risiko, maar teen ‘n aansienlike hoër premie. Lesers wor