Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 38

••• NUUS Ou Oom Klasie HET ‘N PLAAS SO BAIE KEER SING ONS NET EENVOUDIG LIEDJIES EN GAAN DIT MEESTAL SONDER VERDERE GEDAGTE BY ONS VERBY OOR WAAR DIE LIEDJIE SY OORSPRONG GEHAD HET. ONS IS OOK SALIG ONBEWUS VAN WAT ALLES IN SO ‘N LIED VERVAT IS. DIESELFDE IS OOK WAAR MET DIE KINDERLIEDJIE, OU OOM KLASIE HET ‘N PLAAS. AUBREY KRUGER K om ons sing eers saam: Ou oom Klasie het ‘n plaas; eee, iii, eee, iii, ooo (oftewel hee-ha, hee-ha-ho). En op sy plaas is daar ‘n vark; Hee-ha, hee-ha-ho Met ‘n oink, oink hier, en ‘n oink, oink daar, Hier ‘n oink daar ‘n ionk... ... en so neurie ons die liedjie waarmee almal van ons bekend is. Maar waar kom die liedjie vandaan? Die liedjie is in 1917 al vir die eerste keer gehoor en het toe bekend gestaan as Old Macdonald had a Farm, die Engelse weergawe wat meer bekend is. Min weet ook dat dié liedjie eers ‘Old MacDougle’ geheet het, wat toe later verander is. KLANKE Almal sing lekker eee, iii, eee, iii, ooo en dit klink of dit net eenvoudige klanke sonder betekenis is. Die teendeel is egter waar. In die oorspronklike Old MacDougle was die klanke ‘n verwysing na waar sy (Old MacDougle) plaas was, naamlik Ohio. So was daar eintlik gesing Ooo, Hi, Ooo, Iii Ooo. ONDERRIG Die liedjie het ook onderrig ten doel. Dit moedig kinders aan om klanke uit te spreek en diere se name en die geluide wat hulle maak word speel-speel aangeleer. Die verbalisering van die klanke deur sang kweek selfvertroue by kinders en laat hulle bemagtig voel, veral in groepe. Die liedjie is ook uitstekend vir spraak- en taalontwikkeling. NOSTALGIESE OPNAMES Die oudste opname van die liedjie is dié van Sam Patterson Trio se weergawe wat in 1925 deur Edison uitgegee is. Dit is gevolg deur Gid Tanner & His Skillet Lickers wat 36 Okt/Nov 2015 • SENWES Scenario hulle weergawe in 1927 deur Columbia Records uitgegee het, met Warren Caplinger’s Cumberland Mountain Entertainers (Brunswick Records) in 1928. Gewildes opnames was ook dié van Frank Sinatra (Capitol, 1960), Elvis Presley in sy trefferrolprent Double Trouble, Nat King Cole, Elvis and the Chipmunks, The Kelly Family en nog vele meer, wat instrumentele en rock-weergawes insluit. Die liedjie is so nog steeds so gewild soos altyd. Alhoewel daar baie ander soortgelyke liedjies die lig gesien het, bly Ou Oom Klasie het ‘n Plaas loshande die gunsteling. Deur die liedjie leer kinders vanaf ‘n vroeë ouderdom van plaasbedrywighede. Die liedjie kan ook onbeperk aangaan, vir so lank as wat jy diere en klanke kan opnoem. NOG WEERGAWES Daar was nog ‘n liedjie genaamd “Old Missouri” (1922) waarin dieregeluide nageboots is. ‘n Frase uit “The Farmyard” in 1908 het ook gelui: With a moo moo here and a moo moo there..Here a moo, there a moo, Everywhere a moo moo. Dan was daar ook ’n opera getiteld The Kingdom of the Birds, wat al amper 300 jaar (1719-1720) gelede geskryf is wat sing van