Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 37

R UB R IE K ••• Hoe maak ek my JAGGEWEER MEER AKKURAAT? ’N KLANT HET MY ONLANGS GEVRA HOE GEREELD JY JOU GEWEER MOET SKOONMAAK. JACO KRUGER B aie mense gaan nie saamstem met wat ek nou gaan sê nie, maar dit is oor en oor bewys deur Benchrest skuts regoor die wêreld - hoe skoner jou geweer hoe beter skiet hy. Kom ons kyk na die skoonmaak van jou jaggeweer. As die skoot gevuur word, is daar twee produkte wat agterbly in die loop. Koolstof (carbon) wat ontstaan deur die dryfmiddel wat ontbrand en koper wat afgegee word deur die projektiel (punt) wat deur die loop versnel. Die eerste stap is om skoonmaakmiddels te kry wat die twee neweprodukte sal verwyder. Daar is baie skoonmaakmiddels op die mark en elke skut het uiteraard sy produkte waaraan hy glo. My jare se skietondervinding het my geleer dat dit beter is om die twee neweprodukte apart aan te spreek. Jy kry twee skoonmaakmiddels een vir koolstof (carbon) en een vir koper. Onthou altyd dat die skoonmaakmiddel ‘n chemiese reaksie met die koolstof en koper tot gevolg het. Sorg altyd dat jy genoeg tyd toelaat vir die reaksie om plaas te vind. Die meeste skuts plaas die skoonmaakmiddel op ‘n lappie en druk dit deur die loop, gevolg met ‘n skoon lappie dadelik daarna. Die skoonmaakmiddel het dan geen tyd om die chemiese proses te laat plaasvind nie. Die meeste skoonmaakmiddels op die mark bevat sintetiese ammoniak, wat nie skadelik vir die geweerloop is nie. Gee die skoonmaakmiddel DEEL 5 so vyf tot tien minute kans om sy werk te doen. Glo my, julle gaan die verskil sien. Herhaal die proses tot jy tevrede is. Die skoonmaak van ‘n jaggeweer is lekker as jy die resultate daarna sien. Probeer dit, jy gaan nie jou geweer ken nie. Akkuraatheid gaan verbeter. Produkte vir al jou skoonmaakbehoeftes is by al die Hinterland wapentakke beskikbaar. Jaco Kruger het sy nasionale kleure in Benchrest skiet verwerf en het sy land verskeie kere verteenwoordig. Hy is ook ‘n aktiewe SA Jagterslid. SENWES Scenario • Okt/Nov 2015 35