•••
HA N D E LSN U U S
JOUBERT SWANEPOEL & LIZE HENNING
Kies die regte
sonneblompitklas
DAAR WORD JAARLIKS ONGEVEER 550 000
HEKTAAR SONNEBLOM IN SUID-AFRIKA GEPLANT.
ALHOEWEL HIERDIE GEWAS MET GROOT
SUKSES VERBOU WORD EN DAAR JAARLIKS BAIE
NAVORSING OP SONNEBLOM GEDOEN WORD, IS
DAAR STEEDS ‘N WANBEGRIP WANNEER DAAR OOR
PITKLASSE GEPRAAT WORD.
D
aar word aanvaar
dat groter
sonneblompitklasse beter
resultate lewer as kleiner
pitklasse en dat groter saad
‘n vinniger tempo van
ontkieming en opkoms toon.
Laasgenoemde kan dalk
logies klink, maar is dit van
toepassing op sonneblomme?
Kommersiële
bastersonneblomsaad in
Suid-Afrika word volgens
grootte in verskillende
pitklasse gegroepeer en
verkoop. Daar word gepoog
om hierdie pitklasse, waarvan
klas 1 die grootste is en klas
4 die kleinste, tydens die
verwerkingsproses van mekaar
te skei. Dit is belangrik om
in gedagte te hou dat die saad
se “skouer”-breedte bepaal in
watter pitklas die saad val en
nie die lengte van die saad nie.
34
Wanneer die
morfologiese aspekte van
sonneblomsaad bestudeer
word, moet die volgende
in gedagte gehou word:
Daar word na
sonneblomsaad verwys as ‘n
vrug wat bestaan uit ‘n saadjie
binne die perikarp of dop.
Uit die foto is dit sigbaar dat
die dop rondom die saadjie
voorkom met lugruimtes
tussen die dop en die saadjie.
Die verskil in vruggrootte
(saad) word bepaal deur die
dop. Groot sade het ‘n dik
dop met groot lugruimtes
terwyl kleiner sade dun doppe
het met kleiner lugruimtes.
Klein sade kan dus vinniger
ontkiem en opkom omdat
dit in nouer kontak is met
die grondwater, wat baie
voordelig kan wees in gevalle
waar grondwaterinhoud laag
Okt/Nov 2015 • SENWES Scenario
is. Groot sade kan weer sterker
saailinge produseer as gevolg
van meer voedselreserwes wat
beskikbaar is in die saadlobbe.
Vir ontkieming moet die
saad water absorbeer deur die
dop tot in die lugruimtes.
Sodra die lugruimtes met
water gevul is, kan die saad
water opneem deur die proses
van imbibisie. Tydens hierdie
proses vind gaswisseling ook
tussen die saad e