Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 17

••• A RE A F O K US Kyk deur ‘n ander vens ter na Ventersdorp AUBREY KRUGER A VERGEET ALLES WAT JY DINK JY WEET VAN VENTERSDORP EN KYK MET ‘N NUWE PAAR OË UIT ‘N ANDER OOGPUNT, SOMMER DEUR ‘N HEEL ANDER VENSTER, NA DIÉ NOORDWES DORP. s jy inligting oor Ventersdorp soek dan is die beste manier om die dorpie self te besoek, want anders jy mis jy die punt baie ver. ‘n Goeie vertrekpunt is gewoonlik die dorp se ontstaan. Die dorpie se geskiedenis begin met die vernoeming van die dorp na Johannes Venter, wat grond in die omgewing besit het. Soos ek Ventersdorp vroegoggend binnekom, skyn die son oor die dorp van agter die majestueuse silo’s in die verte. ‘n Herinnering vroegdag dat die son oor almal skyn. GROOT BOERE IN DIE OMGEWING Hier is boerdery groot en die groot manne hier is saaiboere soos Dirk Hattingh, Theuns Bouwer en Dries Dreyer, asook ander groot produsente soos Niekie Coetzee, Simon Niemand, Jacques Nel en die Grobbelaar en Dreyer broers, om maar net ‘n paar op te noem. DIE LIGGING As jy nie weet waar die dorpie is nie, laat ek jou gou verduidelik. Die dorpie het, myns insiens, eintlik die perfekte ligging met die N14 en R30 roetes wat die dorpie perfek met die res van Suid-Afrika verbind. Net 56km vanaf Potchefstroom, 72km en 70 km respektiewelik vanaf Klerksdorp en Koster en 122km en 121km respektiewelik vanaf Krugersdorp en Sannieshof. OUD BURGEMEESTER Verseker is Bertus van Zyl ‘n bekende man in die distrik. Dié oud-burgemeester is ‘n hoenderen eierboer en besigheidman in die dorp. Alhoewel hy reeds lank hier is, is dit verblydend dat hy telkens nog met nuwe oë na die dorp kyk. Bertus, wat vir vyf jaar in die tagtigerjare burgemeester van die dorpie was en 10 jaar lank deel van die bestuurskomitee was, vertel dat ‘n aantal erwe steeds uitgesit is vir uitbreiding in die industriële gebied. Hy is van mening dat die dorpie steeds groot potensiaal het, juis vanweë sy ligging. Bertus het diep spore in Ventersdorp getrap oor die jare – geen wonder dat een van die strate na hom vernoem is nie. Hy verwys met nostalgie na die eerste spilpunt in die area, wat in die tagtigerjare tydens die droogte daar opgerig is. Die huidige droogte laat hom juis weer aan daardie droogte dink. LANDBOUGEBIED Die Ventersdorp area is hoofsaaklik landbougedrewe. Ongeveer 98% van die area is landbougrond en die boere fokus op saai- en beesboerdery. Die oorblywende 2% is mynbougedrewe en word diamante hier gemyn. SENWES Scenario • Okt/Nov 2015 15