Senwes Scenario October/November | Page 50

AGRICULTURAL Sonneblompakket presteer in moeilike seisoen Die 2017/18 seisoen was ’n hoogs onvoorspelbare seisoen. Ten spyte van uiterste klimaatstoestande het sonneblom die afgelope seisoen homself weer bewys as ’n gewas wat in strawwe produksietoestande goeie opbrengste kan realiseer. I n die 2017/18 seisoen is daar talle boere wat verras is deur die prestasie van die kultivars in die Agsun sonne- blomreeks. Hier volg slegs ʼn paar van die suksesverhale. HEILBRON BG Strydom van die plaas Marthinus Rust in die Heilbron omgewing het die afgelope seisoen twee van Agricol se hoë-opbrengs sonneblombasters ge- plant naamlik AGSUN 8251 en AGSUN 5103CLP. Volgens Strydom groei die AGSUN-reeks baie egalig en dit verge- maklik die stroopproses. Die kultivars het ook baie goeie skepelmassas en is minder toeganklik vir voëlskade as ander kultivars. Strydom het die afgelope seisoen ʼn op- brengs van 1,9 ton/ha gerealiseer te midde van ʼn moei­like seisoen. WOLMARANSSTAD So ook kan Andre Jordaan van Mashandi boerdery in Wolmaransstad getuig van AGSUN 8251 se sukses. Ten spyte van die moeilike kondisies het AGSUN 8251 met vroeë aanplantings steeds ʼn gemid­ delde opbrengs van 2,1 ton/ha gele­wer.  Volgens Jordaan het hy die afgelope seisoen Agricol se sonne­blom kultivars gemeet teenoor ander sonne­blom kultivars 48 SENWES SCENARIO | SUMMER 2018 wat in die Wolmaransstad distrik geplant word. Jordaan het waargeneem dat die AGSUN-sonneblomreeks uitstekende weerstand teen siektes bied. Alhoewel hy vanjaar voorkomend gespuit het teen Alternaria, is daar nie naastenby die skade met swamsiektes waargeneem by die AGSUN-kultivars teenoor ander kultivars wat aangeplant is nie. Jordaan is ook beïndruk met die kulti- vars se goeie opkomsvermoë en opbrengs­ stabiliteit en beweer, “Agricol se sonne­ blom is vir my ʼn goeie all-rounder. Ek kan dit vroeg of laat plant, die kultivars doen altyd goed. Agricol se sonneblom het altyd ʼn beter skepelgewig as ander kultivars en uitste­kende graankwaliteit. Die silo’s is ook baie tevrede met die graanmonster. Dit is maklik om die monster se vreemde mate- riaal minder te kry. Die “staygreen”-eien­ skap het baie te doen hiermee. Ek sukkel nie met dowwe pitte nie”. HARTBEESFONTEIN/OTTOSDAL Flip de Bruyn (Jnr) en sy pa, Flip de Bruyn (Snr) van Hageland Boer­dery tussen Hart- beesfontein en Coligny in Noordwes plant al vir ʼn geruime tyd Agricol se sonneblom­ basters met groot sukses op ongeveer 1600 hektaar droëlande. Die hoofaanplan­ ting bestaan uit AGSUN 8251 en daar is al ʼn gemiddeld van 2,7 ton per hektaar van die kultivar gestroop. Die langtermyn gemiddelde opbrengs van die kultivar is ongeveer 2 ton per hektaar. Volgens De Bruyn is AGSUN 8251 se opbrengs stabi- liteit in droë en nat seisoe­ne een van die eien­skappe van die kultivar waarvan hy hou. Die kultivar bevat ook die “staygreen”- eien­skap wat die plant beter weerstand gee teen sekere omvalsiektes en verseker ook dat die plante ʼn baie goeie staanver- moë het. BETHLEHEM “Ek plant AGSUN 8251 al vir paar jaar met baie stabiele opbrengste. Voordele wat die kultivar laat uitstaan op my plaas is sy staanvermoë en kopgrootte wat voëlskade beperk. Die kultivar groei ook nooit te hoog nie wat stroop vergemaklik.” So beweer Henry van der Merwe van die plaas Deelpan in die Bethlehem-area. Van der Merwe het AGSUN 8251 vanjaar op 700 hektaar geplant teen ʼn gemiddelde opbrengs van 2,2 ton per hektaar en sê hy kan AGSUN 8251 vir enige mede-boer aanbeveel.” Agricol se AGSUN-sonneblomreeks is die komende seisoen beskikbaar by deelne- mende Senwes-takke.