Senwes Scenario March-May 2022 | Page 4

Uit die Woord
ALGEMEEN | GENERAL

Redakteursbrief

Hier is ons nou . Maartmaand .

Dit voel soos gister toe ek my gedagtes vir Desember neergepen het .

Hulle sê die lewe is ʼn reis , en as ek so na die afgelope drie maande kyk , is ek seker ons bevind onsself op ʼn tuimeltreinrit ! Benewens die hoogste reënvalsyfer in ʼn dekade gedurende Desember , die gevolglike swaar reën en vloede aan die begin van die jaar en die hemelhoë insetkostes as gevolg van internasionale politieke woelinge , trotseer die landboubedryf ʼn ongekende tyd .

Terselfdertyd oortref someraanplantings alle verwagtinge en word ʼn rekord koringoes in die vooruitsig gestel .
Wat die toenemende spanning tussen Rusland en die Oekraïne betref , word die situasie fyn dopgehou , want dit het ʼn daadwerklike inpak op almal van ons . Volgens Wandile Sihlobo , ekonoom van die landbousakekamer Agbiz , is hierdie lande sleutelrolspelers in die internasionale landbousektor en sal enige onderbreking in hul produksie of uitvoere , kommoditeitspryse wêreldwyd beïnvloed .
Het jy geweet dat Rusland die 17de grootste verskaffer van landbouprodukte aan Suid-Afrika is en die Oekraïne die 44ste ? Hiermee saam produseer Rusland ongeveer 10 % van die wêreld se koring en die Oekraïne 4 %. As ʼn mens boonop laasgenoemde bymekaartel dan is die produksie van koring deur hierdie twee lande , volgens die internasionale graanraad se data , amper dieselfde as die Europese Unie ( EU ) sin .
In ander plaaslike nuus skud die sektor sy vere reg vir Nampo in Bothaville . Vanjaar se program sal oor vyf dae strek vanaf 16 tot 20 Mei , en Senwes gaan met ʼn splinternuwe Nampo-baadjie spog ! In die woorde van Sanmarie Schlebusch , Bestuurder : Korporatiewe Bemarking : “ Na ʼn afwesigheid van twee jaar , is ons opgewonde om deel te wees van Nampo 2022 en as ʼn groep sien ons daarna uit om deel van dié landbouskouspel te wees .”
Sien jou by Nampo !
Annette Willemse
REDAKTEUR

Uit die Woord

COLUMN | RUBRIEK

Die oestyd kom verseker

- Blog : Attie se koffietafel
“ Verder het Hy gesê : ‘ Met die koninkryk van God gaan dit só : Iemand saai die saad op die land en gaan slaap en staan op , dag na dag , en die saad ontkiem en groei – hóé weet hy self nie . Vanself bring die aarde die graan voort , eers ‘ n halm , dan ‘ n aar , dan die koringaar . En wanneer die graan ryp is , steek hy dadelik die sekel in , omdat die oestyd daar is .'” ( Markus 5:26-29 )
Uit bogenoemde skriflesing , leer ons die volgende :
Die oestyd kom verseker . Op die oesdag gebeur twee dinge , wat eintlik twee kante van dieselfde saak is . Die goeie vrug word ingesamel en die onkruid word vernietig . Oestyd en oordeel gaan hand aan hand . Wanneer ons aan hierdie oesdag dink , kom drie dinge in ons gedagtes op :
( a ) GEDULD . Een van die nuwe liedere wat ons in die kerk sing sê dit so : “ Ons is ‘ n oomblik . U is vir ewig .” ( Sien ook Psalm 90:4 ) Ons moet die geduld aanleer wat ons nodig het om op die Here te wag sodat dinge in sy volmaakte tydsberekening kan gebeur .
( b ) HOOP . Rondom ons is daar moedeloosheid . Moedeloosheid oor die wêreld en moedeloosheid oor die toekoms . Ons hoop is gerig op hierdie wete – Jesus kom weer en dan sal Hy ons volkome vrymaak .
( c ) VOORBEREIDING . As die oesdag kom , is dit te laat om voor te berei . Ons moet voorberei om ons Here te ontmoet . Indien ons met geduld lewe wat deur niks oorwin kan word nie , hoop wat nie moedeloosheid ken nie en voorbereiding wat in elke donkerte die lig van die ewigheid sien skyn , dan sal ons gereed wees vir die dag waarop Jesus weer gaan kom .
Mens voel soms jy doen alles wat jy kan doen , maar daar gebeur niks nie , maar as ʼn mens oor ʼn langer tydperk kyk , dan was daar tog groei .
2
SENWES SCENARIO | HERFS AUTUMN 2022