Senwes Scenario March-May 2022 | Page 20

NUUS

OPPERVLAKTESKATTING

OORTREF VERWAGTINGE

Hoewel die oppervlakteskatting vir somergewasse weens baie reën laer is as die verwagtinge in Oktober verlede jaar , is dit steeds meer as wat baie kenners verwag het .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Volgens die Nasionale Oesskattingskomitee ( NOK ) se mees onlangse voorlopige oppervlakteskatting , het boere 4,21 mil- joen hektaar in die somerreëngebied beplant , wat 3 % minder is as hul voornemens aan die begin van die seisoen , maar steeds 0,4 % meer is as die vorige seisoen .

Daar is ʼn afname in die aanplantings van mielies , sorghum , grondbone en droëbone .
SONNEBLOM EN SOJABONE Die aanplantings van sonneblom is 21 % meer as die vorige seisoen op 580 000 hektaar en die geskatte oppervlakte beplant met soja- bone is 910 000 hektaar , wat ʼn toename van 10,02 % of 82 900 hektaar verteenwoordig . Dit is die grootste oppervlakte beplant met sojabone in die geskiedenis van Suid-Afrika .
MIELIES
Wat kommersiële mielies betref , is die voorlopige oppervlakteskatting 2,6 miljoen hektaar , wat 5,3 % of 145 700 hektaar minder is as die 2,8 miljoen hektaar wat verlede seisoen beplant is . Dit is ook 4,2 % minder as die plantvoorneme van Oktober 2021 . Die voorlopige oppervlakte onder witmielies is 1,6 miljoen hektaar , wat ʼn afname van 6,9 % verteenwoordig vergeleke met die vorige seisoen . In die geval van geel- mielies is die oppervlakteskatting 1 miljoen hektaar , wat 2,8 % minder is as die vorige seisoen .
GRONDBONE
Vir grondbone is die oppervlakteskatting 34 000 hektaar , wat 11,8 % minder is as die vorige seisoen .
SORGHUM
Die oppervlakteskatting vir sorghum het afgeneem met 28,9 % tot 35 000 hektaar .
DROËBONE
Vir droëbone is die geskatte oppervlakte beplant 42 450 hektaar , wat 10,4 % laer is as die vorige seisoen .
SO REAGEER AGBIZ
Wandile Sihlobo , hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz , sê die oppervlakteskatting is ʼn verligting vir baie waarnemers , wat Agbiz insluit , omdat hulle minder aanplantings verwag het .
Sihlobo sê nou dat data oor die aanplantings bekend is , sal die aandag na opbrengste verskuif . Die vernaamste graan en oliesade soos mielies , sojabone en sonneblomsaad se gemiddelde opbrengste oor tien jaar is 5,02 ton per hektaar , 1,78 ton per hektaar en 1,3 ton per hektaar respektiewelik .
“ Die verwagting is dat opbrengste in dele van die Vrystaat , Noordwes , Kwazulu-Natal en die Oos-Kaap , waar daar baie reën was , laer as die vorige seisoen sal wees . Suid-Afrika benodig ʼn nasionale opbrengs van 4,6 ton per hektaar om ʼn mielie-oes van 12 miljoen ton te hê om in die plaaslike verbruik te voorsien ,” verduidelik Sihlobo .
18
SENWES SCENARIO | HERFS AUTUMN 2022