Senwes Scenario March-May 2022 | Page 26

NUUS

VERHOOGDE

SASRIA- TARIEWE

LAAT WRANG NASMAAK

“ Ongemaklik en geskok .” Dit is die reaksie van Vrystaat Landbou in die lig van die drastiese verhogings in Sasria-tariewe wat vanaf 1 Februarie 2022 op sekere voertuie wat in die landbou gebruik word , in werking tree .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Luidens ʼn verklaring wat in die verband uitgereik is , sê Francois Wilken , voorsitter van VL , dat die organisasie in September en Oktober verlede jaar van die verhogings deur agente en tussengangers in kennis gestel is .

Dié nuwe tariewe vir trekkers , stropers , selfaangedrewe spuite en planters kan groot aanpassings meebring , meen Wilken . Hy voeg by dat die verhoging luidens die kennisgewing van toepassing is op swaar kommersiële voertuie soos vragmotors wat vrag teen betaling vervoer .
Wilken meen die aanpassings kan toegeskryf word aan die groot skade wat in Julie 2021 tydens onluste in Kwazulu-Natal aan vragmotors aangerig is .
Volgens VL-berekenings word die tariewe op trekkers , wat vir byvoorbeeld R2,8 miljoen verseker is , en ʼn plaasvragmotor van R900 000 albei met 1 736 % verhoog . Die verhogings vir ander plaastoerusting is soortgelyk .
“ Die landbousektor , wat veral in die Vrystaat aan wesenlike ekonomiese probleme blootgestel is , kan nie die tariewe bekostig nie . As die berekening van die drastiese verhogings gegrond is op die skade aan kommersiële vragvoertuie gedurende Julie 2021 , is dit onregverdig . Toerusting in die landbousektor word bykans nooit aan dié soort risiko ’ s blootgestel nie . Die verhoging is onsinnig en daar moet anders oor die klassifikasie van landboutoerusting besin word . Die landbousektor kan nie soos ʼn melkkoei verder gemelk word nie ,” sê Wilken .
24
SENWES SCENARIO | HERFS AUTUMN 2022