Senwes Scenario March - May 2021 | Page 33

NUUS
10 % tot 40 % van volwasse beeste soms die enigste siekteteken is .
GEVAARLIK VIR MENSE Mense kan besmet raak deur regstreekse aanraking met die slenkdalkoorsvirus en dit kan tydens nadoodse ondersoeke op besmette karkasse of geaborteerde fetusse plaasvind .
Die virus dring die liggaam binne deur slymvliese , krakies of seertjies in die vel en dit is veral veeartse , veeprodusente , plaaswerkers en laboratoriumtegnici wat die gevaar loop om besmet te raak . Teoreties kan ʼn mens ook SDK opdoen deur inname ( van byvoorbeeld besmette melk ), deur inaseming of om deur ʼn SDK draermuskiet gebyt te word , maar die voorkoms hiervan is minder algemeen .
Ongeveer sewe dae verloop vanaf die besmetting van ʼn individu tot die verskyning van die eerste siektetekens . Aanvanklik kan die volgende simptome waargeneem word : spierpyn , kouekoors , vomering , bloederige urine , ligsensitiwiteit , verswakte sig , gewrigspyne , hoofpyn en koors . Die meeste mense herstel na ʼn week of twee en dit is noodlottig in minder as 0,5 % van gevalle , meestal weens ernstige hepatitis ( lewerontsteking ) of enkefalitis ( harsingontsteking ).
MEER OOR SDK
• Die naam “ Slenkdalkoors ” is afkomstig van die Slenkdalgebied in Kenia , waar die siekte die eerste keer aangeteken is .
• Die virus wat SDK veroorsaak , is die eerste keer in 1930 geïsoleer tydens ʼn epidemie onder skape in die Slenkdalgebied .
• Die periodes tussen Slenkdalkoors uitbreke is relatief lank ( jare ) en daarom ent die meeste vee-eienaars nie hulle diere nie en is die oorgrote meerderheid vee in Suid-Afrika vatbaar vir Slenkdalkoors . Indien Slenkdalkoors sou voorkom , sal dit baie vinnig van plaas tot plaas versprei .
• Vanaf 1950 tot 1956 en 1969 tot 1976 het SDK verskeie kere in Suid-Afrika uitgebreek en tot groot verliese vir produsente gelei .
• In 1975 het Suid-Afrika ook sterfgevalle onder mense wat dié siekte opgedoen het , aangeteken .

SUID-AFRIKAANSE

GEMMERMARK IS WITWARM

Gemmer word al eeue lank vir gesondheidsdoeleindes gebruik , en meer nog as ʼn immuunversterker gedurende die Covid-19-pandemie .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Die vraag na gemmer het

gevolglik die prys die hoogte in laat skiet en teen R300 per kilogram is dié gesogte knol nou buite die bereik van baie Suid- Afrikaners .
Die plaaslike gemmerseisoen begin in alle erns in Februarie , maar gemmer- kwekers in die Laeveld is reeds besig om jong gemmer te oes ten einde die meeste van die gunstige marktoestande te maak . Hierdie jong gemmer moet egter vinnig verbruik word .
Volgens FreshPlaza . com kos ʼn kilogram gemmer tans R300 of 16,6 euros per kilogram en die vooruitsig is dat dié prys tot R500 of 28 euro per kilogram sal toeneem .
GUNSTIGE LANGTERMYN MARKVOORUITSIG
Jaco Oosthuizen , die uitvoerende hoof van die RSA Group , ʼn bemarkingsagent- skap vir varsprodukte , is van mening dat die markvooruitsig vir gemmer reeds vir die afgelope vyf jaar baie gunstig was . “ Gemmerpryse is al ʼn geruime tyd hoog en die prys van gemmer is oor die algemeen hoër as dié van enige ander groente . Om die waarheid te sê , gemmer was in 2020 die beste presterende groente op die Suid- Afrikaanse mark .”
Hy voorspel dat die vraag na gemmer nie sommer gou sal kwyn nie , maar dat die volume gemmer wat gelewer word , sal toeneem . Laasgenoemde is die gevolg van meer produsente wat tot dié produksiemark bydra .
* Navorsing toon dat die antibakteriële eienskappe van gemmer baie goed is . Dié eienskap maak gemmer doeltreffend vir die behandeling van pyn en koors . In die geval van respiratoriese siektes , kan vars gemmer ook voordelig wees . Dit is egter belangrik om daarop te let dat droë gemmer nie dieselfde antivirale eienskappe as vars gemmer het nie .
SENWES SCENARIO | HERFS AUTUMN 2021 31