Senwes Scenario March - May 2021 | Page 32

LANDBOUKUNDIG

ENT NOU IN TEEN

SLENKDALKOORSVIRUS

Slenkdalkoors ( SDK ) hou ʼn daadwerklike bedreiging in vir mens en dier en daarom moet vee-eienaars hul diere vroegtydig teen dié virus inent .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Hierdie voorkomende optrede

is veral belangrik na die goeie reën wat oor groot dele van die land uitgesak het en water plek-plek opdam . Aedes-muskiete , wat die virus oordra , broei en vermeerder in dié toestande .
Die slenkdalkoorsvirus tas skape , bokke , beeste en selfs buffels aan , en omdat SDK ʼn Soönose is , kan mense ook besmet raak . Besmetting van mense vind hoofsaaklik plaas wanneer hulle siek of dooie diere hanteer , en daarom word dit as ʼn aanmeldbare siekte geklassifiseer . Die laaste aangetekende geval van SDK in Suid-Afrika was in Mei 2018 te Jacobsdal in die Vrystaat .
INENTING EN ENTSTOWWE BIED BESKERMING
Die Nasionale Dieregesondheidsforum ( NDGF ) en Afrivet ( ʼn borg ) maan produsente om hul diere so gou as moontlik in te ent in ʼn poging om die siekteverspreiding te voorkom . Verskeie geregistreerde produkte is ook beskikbaar om muskietbyte te verhoed en sluit dippe , spuitmiddels en opgietmiddels in waarin die aktiewe bestanddeel deltametrien voorkom .
Volgens kenners by die NDGF moes die entstof , ideaal gesproke , reeds in die vroeë lente toegedien gewees het , maar dit is nog nie te laat nie . Dit is van groot belang dat die entstof so spoedig moontlik toege- dien word aangesien die meeste uitbrekings in die hoog- en laatsomer plaasvind .
ONDERSTEPOORT BIOLOGIESE PRODUKTE ( OBP ) VERVAARDIG TANS TWEE ENTSTOWWE :
• OBP Lewende SDK Entstof Alhoewel daar alom geglo word dat hierdie entstof ʼn lang periode van beskerming bied , word dit sterk aanbeveel dat inenting jaarliks geskied . Hierdie entstof moet nie tydens SDK uitbreke toege- dien word nie en ook nie aan dragtige diere nie .
• OBP geïnaktiveerde SDK Entstof Hierdie entstof moet jaarliks toegedien word en is veilig vir dragtige diere . As diere vir die eerste keer ingeënt word , word twee dosisse ses weke uitmekaar gegee , wat die inentingsproses duurder en meer arbeidsintensief kan maak .
Diere ontwikkel ʼn goeie immuniteit teen SDK twee tot drie maande ná inenting .
SIEKTETEKENS BY VEE
Lammers en bokkies onder die ouderdom van twee weke is baie vatbaar en hulle word binne 24 tot 72 uur na besmetting siek . Siektetekens sluit in ʼn hoë koors , lusteloosheid en ʼn gebrekkige eetlus .
Ander simptome sluit in traagheid om te loop , buikpyn , vinnige asemhaling , naarheid , slegruikende diarree en soms ook geelsug . Dragtige ooie aborteer en die geaborteerde fetus onbind vinnig .
Kenners meen die voorkoms van vrektes onder ouer skape kan so hoog as 15 % tot 30 % wees , terwyl 40 % tot 60 % van dragtige diere sal aborteer . Die kliniese siektetekens by bokke is gewoonlik minder erg as dié van skape . By kalwers kom ligte kliniese tekens en 10 % tot 15 % vrektes voor , terwyl die voorkoms van aborsies by
30
SENWES SCENARIO | HERFS AUTUMN 2021