Senwes Scenario March - May 2021 | Page 28

NUUS

GOEIE NEERSLAE LAAT SA DAMVLAKKE STYG

Die goeie reën van die afgelope paar weke het die land se watersituasie verbeter en damvlakke het aansienlik gestyg . Dit is aldus die nuutste data vanaf die nasionale Departement van Water en Sanitasie .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Die departement het onlangs

by wyse van ʼn persverklaring aangekondig dat damvlakke gemiddeld vanaf 69,7 % tot 72,2 % gestyg het . Dié styging verteenwoordig ʼn 13 % toename teenoor dieselfde tydperk verlede jaar , toe die gemiddelde vlakke op om en by 59,5 % vasgestel was .
Volgens die departement is die totale volume water wat tans in reservoirs gestoor word , ongeveer 23 101,2 kubieke meter ( 80 %).
PROVINSIALE OORSIG
Oos-Kaapse damme is ook besig om vinnig voller te raak en die aangetekende vlakke het van 51,7 % tot 52,5 % gestyg . Dit verteenwoordig ʼn 7 % toename in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar toe damvlakke , as gevolg van die uitgerekte droogte , slegs 46 % was .
Op 98,9 % is die damme in die Noord- Kaap op die punt om hul volle kapasiteit te bereik en het die provinsie se watersituasie , in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar , aansienlik verbeter . Damvlakke in die provinsie het in 2019 op 77,8 % gestaan .
Die Wes-Kaap , ʼn winterreënvalgebied , se damvlakke toon ʼn afname . Damvlakke is hierdie week op 69,4 % vasgetel vanaf die vorige aangetekende vlak van 71 %. Dié syfer verteenwoordig egter steeds ʼn verbetering in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar toe die vlakke op 59,5 % was .
Damvlakke in Gauteng neem stelselmatig toe en het aan die begin van die maand vanaf 96 % tot 96,4 % toegeneem . Die Bronkhorstspruitdam in die ooste van Pretoria staan tans op 90.8 %, terwyl Bon Accorddam in die noorde van die stad van 105,4 % tot 139,3 % gestyg het .
In Mpumalanga word die stand van damme as stabiel beskryf en is ʼn toename vanaf 66,4 % na 67 % aangeteken . Die Magugadam op die grens met Mosambiek is tans slegs 36,4 % vol , terwyl die Inyakadam in Bosbokrand vanaf 51,8 % tot 53,2 % toegeneem het .
Damme in Limpopo is tans 59,9 % vol , maar damvlakke in die Mopani- en Waterberg distrikte is nog laag .
In Kwazulu-Natal is damvlakke ook stabiel , hoewel die kusgordel baie voordeel getrek het uit die onlangse neerslae .
SA SE GROOTSTE WATERSTELSEL
Die grootste en mees kritiese stelsel in die land , naamlik die geïntegreerde Vaalrivierstelsel , toon bemoedigende tekens van herstel . Die Bloemhofdam het vanaf 102,3 % na 107,4 % toegeneem , terwyl die Vaaldam nou op 105 % .
WAARSKUWING
Die stygende vlakke van die Vaal- en Oranjerivierstelsels , deels as gevolg van die swaar invloei van water vanaf Namibië , het die departement genoodsaak om ʼn vloedwaarskuwing uit te reik . Mense wat naby dié rivierstelsels woon is gevra om versigtig te wees vir die stygende vlakke en die alle vee uit laagliggende gebiede te verwyder , terwyl aktiwiteite soos swem of visvang ook belet word .
26
SENWES SCENARIO | HERFS AUTUMN 2021