Senwes Scenario March - May 2021 | Page 27

NUUS

HINTERLAND BLOEMFONTEIN :

Agrigato-projek ter bevordering van landelike veiligheid

Misdaad in Suid-Afrika is ʼn werklikheid en in ʼn daadwerklike poging om landelike veiligheid te help bevorder , het Hinterland Bloemfontein die Agrigato-projek geloods .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Dié projek het dit ten

doel om misdaad in landelike gebiede te help bekamp deur bestaande moniteringsnetwerke geldelik te ondersteun en uit te brei . Hierdie netwerke monitor verkeer en verdagte aktiwiteite op landelike paaie deur middel van die nuutste kamera-tegnologie .
Volgens Lourens Brand , Takbestuurder by Hinterland Bloemfontein , speel hierdie gesentraliseerde inligtingsnetwerk ʼn belangrike rol in misdaadondersoeke en inhegtenisnemings . “ Misdaad raak almal van ons , en dit is belangrik dat ons , as ʼn gemeenskap , hande vat en pro-aktief optree om die landbouwaardeketting te versterk en te beskerm ” verduidelik Lourens , en voeg by dat inisiatiewe soos
Agrigato daarom ook voedselsekerheid help verseker .
Om meer te wete te kom oor die projek en hoe om betrokke te raak , besoek https :// bit . ly / 30DKIXH .
* Die projek bereik ʼn hoogtepunt tydens die afsluiting van Hinterland Bloemfontein se Wen Groot-promosie op 29 Mei 2021 . Agrigato word met trots gesteun deur Mahindra , Smith Auto Group en Radio Rosestad .

LUSERN : SR 7 *

SR 7 * ( dormansie 7 ) is ’ n nuwe kultivar afkomstig van Suid-Amerika . Dit beskik oor ’ n lang produksieleeftyd en kan groot krone ontwikkel soos wat die plantestand uitdun later in die kultivar se leeftyd .
SR 7 * is ’ n uitstekende dubbeldoel kultivar en word wyd in Suid-Amerika in sny- en wei-stelsels verbou . Dit het ’ n bogemiddelde produksiepotensiaal en het in die Oos-Kaap proewe oor twee seisoene hoër opbrengste as twee ver skillende bronne van SA Stan daard gelewer .
SR 7 * kan as ’ n lang-rotasie kultivar dien , omdat dit ’ n lang produksieleeftyd kan hê . SR 7 * beskik oor redelike weerstand teen die vernaamste blaarsiektes . * Eksperimenteel - Variëteit ingedien vir registrasie op Nasionale Variëteitslys . www . lgseeds . co . za
SENWES SCENARIO | HERFS AUTUMN 2021 25