Senwes Scenario March - May 2021 | Page 16

NUUS Tema : Oestyd

GROOTSTE KORINGOES

IN 18 JAAR VERWAG

Die Nasionale Oesskattingskomitee ( NOK ) het in sy jongste skatting vir die 2020-produksieseisoen die verwagte koringoes op 2,148 miljoen ton geraam , met ʼn verwagte opbrengs van 4,21 ton per hektaar .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Dié oes sal na alle waarskynlikheid die grootste koringoes sedert 2002 wees , met die meeste van die koring , 52 %, wat in die Wes-Kaap geproduseer word . Die Vrystaat sal 20 % lewer en die Noord-Kaap na verwagting 13 %.

MOUTGARS
Die produksieskatting van moutgars is met 0,46 % afwaarts aangepas tot 550 246 ton . Die totale oppervlakte onder gars is 141 690 hektaar en teen ʼn verwagte opbrengs van 3,88 ton per hektaar , sal dit ook die Suid-Afrikaanse rekordboeke herskryf .
KANOLA In pas met die vooruitskattings van koring en moutgars , gaan die beraamde kanola-oes , wat deur die NOK met 10 % opwaarts aangepas is , ook die grootste ooit wees . ʼn Beraamde 163 256 ton word verwag en daar is na raming sowat 74 120 hektaar onder kanola . Die verwagte opbrengs is 2,20 ton per hektaar .
HAWER
Die verwagte haweroes vir ontbytgraan is onveranderd gelaat op 47 400 ton . ʼn Beraamde 26 200 hektaar is onder hawer en die verwagte opbrengs is 1,81 ton per hektaar .
SOMERGRAAN
Teen 11 Desember 2020 was die geskatte mielieoes reeds op 14 046 584 ton beraam . Hiervan sal 8,7 miljoen ton witmielies en 6,7 ton geelmielies wees .
In terme van die bemarkingsjaar , wat in April 2021 ten einde loop , is 635 845 ton witmielies reeds uitgevoer , die meeste hiervan na Zimbabwe ( 198 000 ton ) en Mosambiek ( 98 000 ton ). Ongeveer 1,2 miljoen ton geelmielies was reeds teen die middel van Desember 2020 uitgevoer , die meeste na Taiwan ( 323 000 ton ) en Viëtnam ( 106 000 ton ).
Die voorneme is egter om ʼn verdere 170 000 ton mielies tot en met die eerste week van Februarie uit te voer .
14
SENWES SCENARIO | HERFS AUTUMN 2021