Senwes Scenario March - May 2021 | Page 12

NUUS

MEER TREKKERS

TOT DUSVER

VERKOOP

MOONTLIKHEID BESTAAN VIR

NUWE AMNESTIETYDPERK

Daar is straks goeie nuus op die kaarte vir vuurwapeneienaars wie se lisensies verstryk het .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis
Volgens die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie is daar nie net meer trekkers in Februarie 2021 as in dieselfde tydperk verlede jaar verkoop nie , maar is trekkerverkope ook op ʼn jaargrondslag hoër ..
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Gedurende Februarie vanjaar is 648 eenhede verkoop

teenoor die 505 eenhede wat gedurende dieselfde tyd in 2020 verkoop is . Trekkerverkope vir die jaar tot dusver is ook 28 % meer as die verkope verlede jaar .
In terme van die verkoopsyfers vir Januarie , is 445 eenhede verkoop teenoor die 348 eenhede wat gedurende dieselfde tyd in 2020 verkoop is .
Marksentiment bly positief en goeie algemene oeste , goeie kommoditeitspryse en gunstige reënval in die meeste produksiegebiede dra hiertoe by .
Volgens die assosiasie bly die vooruitsigte goed oor die kort-tot mediumtermyn en is aanvanklike ramings vir die 2021-kalenderjaar baie bemoedigend , met verkope wat waarskynlik tot 15 % hoër sal wees as in 2020 .
Die uitvoerende hoof van Agfacts , Jim Rankin , het vroeër vanjaar in reaksie op die goeie trekkerverkope gesê dat verkope toeneem omdat produsente met vertroue in hul toekoms belê . Hy het hierdie vertroue toegeskryf aan ʼn kombinasie van goeie reënval en goeie kommoditeitspryse . Volgens Rankin is die meeste trekkerverkope in die somer-en wintergewasstreke aangeteken waar grotendeels met druiwe , graan en vrugte geboer word .

Die minister van polisie , Bheki Cele , het aangedui dat daar ʼn moontlikheid bestaan dat ʼn versoek vir nog ʼn vuurwapenamnestietydperk eersdaags by die parlement ingedien sal word .

Cele het dié uitlating gemaak tydens ʼn vraag-en-antwoordsessie in die nasionale vergadering waartydens parlementslede vrae aan ministers in die nasionale veiligheidsgroepering kon stel . Op ʼn vraag of die amnestietydperk verleng sal kan word , het die minister aangedui dat die evaluering van die uitkoms van die afgelope amnestietydperk nog nie afgehandel is nie , en dat ʼn toekomstige amnestietydperk oorweeg sal word sodra die evaluering voltooi is . Hy het ook te kenne gegee dat ʼn versoek om ʼn verlenging van die amnestietydperk billik is .
Volgens Cele is altesaam 45 950 vuurwapens in die 2019- 2020 en 49 339 vuurwapens in die 2020-2021-amnestietydperk ingedien . Meer as 500 000 patrone is ook ingedien . Hy het ook aangedui dat die evaluering van die mees onlangse amnestietydperk , wat in Januarie 2021 tot ʼn einde geloop het , binne die bestek van ʼn week afgehandel kan wees , maar het te kenne gegee dat die proses nie sonder uitdagings verloop het nie en dat vuurwapeneienaars in sommige gevalle benadeel is . Onder die probleme tel dat talle polisiebeamptes nie by polisiekantore was as mense hul vuurwapens wou inhandig nie en dat amptelike dokumentasie nie geredelik beskikbaar was nie .
In antwoord hierop het Cele gesê dat die impak van die Covid-19-pandemie , veral tydens die twee amnestietydperke , nie buite rekening gelaat moet word nie en dat dit die proses erg ontwrig het . Hy is ook van mening dat meer vuurwapens ingesamel kon word . Tydens die tweede amnestietydperk het meer as 27 000 polisielede Covid-19 opgedoen en kon gevolglik nie diens doen nie . Altesaam 580 beamptes het voorts in dié tydperk gesterf . ʼn Aankondiging in dié verband word eersdaags verwag .
10
SENWES SCENARIO | HERFS AUTUMN 2021